Categories: NewsPublished On: 1st June 2010

Boer met Shell en wen twee keer

By 2 min read

Shell Diesel Extra is spesiaal saamgestel om enjinaanpaksels te voorkom en inspuiters skoon te hou sodat hulle jaar na jaar sterk en sekuur spuit vir skoner, kragtiger ontbranding, beter enjinprestasie, beter brandstofekonomie, en ’n langer enjinlewe. Met Shell Diesel Extra is roes in die brandstoftoevoerstelsel ook iets van die verlede en die setaanverbeteraar daarin laat enige enjin makliker vat. Boonop sorg Shell Diesel Extra se skuimonderdrukker dat jy jou tenk veel gouer en met veel minder vermorsing kan volmaak sodat die werk nie hoef te staan terwyl jy vir die skuim wag om te sak nie. Skuim hoort op ’n bier, glo Shell; nie op diesel nie. 

Maar die toppunt in brandstof- en smeermiddeldoeltreffendheid is nie al wat die boer wen as hy Shell gebruik nie – hy verdien ook bonuspunte by die boer se gewilde lojaliteitsprogram, AgriBonus, elke keer as hy Shell-produkte koop. 

Daardie bonuspunte kan ingeruil word vir allerhande waardevolle goeters soos huishoudelike toerusting, gereedskap, kampeertoerusting, klerasie en produkte van deelnemende vennote. Boonop bied Agribonus vanjaar die miljoen rand Kolskoot-promosie aan, waarmee die boer en Shell se verteenwoordigers die kans staan om elke maand wat die promosie duur pryse in prettrekkings te wen. Soos die promosie vorder word die pryse al hoe meer en groter:

In Mei was die kombuisware, in Junie braaiers, in Julie sal dit duur kombuisware wees, in Augustus tente, in September televisiestelle en in Oktober Garmin GPS’e (goupadsoekers). Maar dit is nie al nie. Daarna kom die groot kolskoottrekking waarin twee boere en twee verteenwoordigers elkeen ’n ratse Suzuki-motorfiets gaan wen.

Dit is vir Shell ‘n plesier om met deelname aan AgriBonus se lojaliteitsprogram ’n bietjie meer in landbou in te ploeg as om net die beste brandstof en smeermiddels te verskaf, sê Reome van der Westhuizen, Landbou Sleutelrekening Bestuurder van Shell SA. Dit bied boere ’n bonus vir hulle lojale ondersteuning en die Kolskoot-promosie sorg vir ’n bietjie ekstra pret en opwinding. 

Lutz Nell, besturende direkteur van AgriBonus, wys daarop dat die maatskappye wat as vennote by AgriBonus ingeskakel is die ruggraat van die lojaliteitsprogram vorm en boere se steun verdien. AgriBonus is gesteld op sy goeie naam en op eerbare diens aan die boer, sê hy. Daarom word net maatskappye wat dit eerlik met die boer bedoel as vennote aanvaar. “AgriBonus is trots daarop om Shell SA as een van sy vennote te hê.” 

Vir meer inligting oor AgriBonus, besoek www.agribonus.co.zaof e-pos info@agribonus.co.zaof bel 012-843-5660 of faks 012-804-4809.

Vir meer inligting oor Shell en sy reeks skitterprodukte waarmee jou boerdery kan glad loop en wat boonop vir jou bonuspunte verdien, praat met Reome van der Westhuizen by 082-463-4344 of e-pos r.vanderwesthuizen@shell.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0