Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Boer-met-die-gemoedsrus-wat-Standard-Bank-Versekering-jou-bied

By 3 min read
502 words

’n Trekker wat op die verkeerde tyd breek is nie net ’n groot ergernis nie; dit kan ook jou sak ruk op ’n tyd wanneer die reserwes ’n bietjie laag staan.

Dit is waarom Standard Bank Versekeringsmakelaars besluit het om hulle puik diens­te aan die boer aan te vul met twee nuwe vinding­ryke versekeringsprodukte wat spesiaal ontwerp is om aan ’n boer gemoedsrus te gee oor sy masjinerie.

Versekering teen trekkerbrekasies:

Selfs ’n nuwe trekker wat gereeld nagesien en versorg word se wiele kan ophou draai as die oliepomp uit die bloute besluit om te staak.

Standard Bank Versekering se nuwe versekeringspakket vir trekkers wat minder as 5 000 uur se werk agter die rug het, sal sorg dat daardie oliepomp sommer gou-gou vervang word sodat die trekker weer kan terugkom waar hy hoort – op die land! En sonder dat die boer vroulief se spaargeld moet afbedel.

Natuurlik moet die boer ook sy deel doen met die instandhouding en nasien van werkende onderdele, maar ’n masjien bly maar ’n masjien en dit kan breek.

Die polis het vier perdekragkategorieë vanaf minder as 50 kW tot meer as 200 kW. Die maksimum uitbetalingsbedrag is R270 000.

Versekering vir twee­dehandse trekkers:

Dit is nie net spiksplinternuwe trekkers wat by Standard Bank Versekeringsmakelaars se vindingrykheid baat nie. Ook tweedehandse en ouer trekkers kan na inspeksie verseker word.

Hier is die maksimum versekerde bedrag R262 500.

Die beste van alles is dat die trekker sy versekering kan saamneem na ’n nuwe eienaar, mits die koop deur Standard Bank gefinansier word.

Die doel van die polis is nie om van ’n ou trekker ’n nuwe een te maak nie, maar om enige trekker so gou as moontlik weer aan die gang te kry sodat hy vir sy baas geld kan verdien. 

Vir verdere inligting oor die nuwe produkte sal die span van Standard Bank Verseke­ringsmakelaars reg staan by Nampo. Vra hulle dan sommer ook uit oor ander produkte soos:

Brandversekering van weiveld

Jare se harde werk kan in roet en rook vergaan as die veeboer se weiveld afbrand.

Weiding is die hulpbron wat uitgebreide veeboerdery moontlik maak, en om na ’n onbeplande brand te herstel kan vir die boer baie, baie moeilik wees.

Gelukkig stel Standard Bank se unieke Brand op Weiveld-versekering die boer in staat om reg nadat ’n brand sy weiding vernietig het, geld te hê om lank genoeg voer vir sy vee te koop om die veld kans te gee om te herstel.

Die boer kan na gelang van sy behoefte en tipe veld kies of hy 3, 6, 9 of 12 maande nodig het om die weiding te laat herstel.

Oesversekering

Standard Bank Versekering is al baie jare by landbou betrokke en verstaan die risiko’s waaraan die boer blootgestel is. Hierdie begrip stel Standard Bank Verseke­ring in staat om die boer sinvolle oesversekering te bied ten opsigte van mielies, koring, sorghum, sojabone, sonneblom, aartappels,

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0