Categories: NewsPublished On: 13th April 2011

Boer is lekker en maklik!

By 2 min read
Hanteringsgeriewe vorm ’n noodsaaklike deel van enige veeboerdery. Werksgenot is wat jy uit veeboerdery put as jou hanteringsgeriewe reg ontwerp is.
 
So sê talle tevrede boere wat reeds met Ryno Keeve en Vision Cattlequip te doene gehad het.
 
Vision Cattlequip rig vaste, volledige veehanteringsgeriewe op wat bestaan uit ronde drukgange, sorteerkrale, spuitdippe en skale. Hulle is nou al ’n geruime tyd besig daarmee en volgens hom is dit elke dag ’n leerproses. Die oprig van nuwe hanteringsgeriewe is ’n groot geldelike belegging en daarom is dit noodsaaklik dat dit die eerste keer reg ontwerp en opgerig word en op ’n gereelde basis onderhou word.
 
Baie boere se geriewe is nie hanteringsvriendelik nie en arbeidsintensief. Sommige geriewe is in ’n swak toestand of daar is geen geriewe op die plaas nie. Daar is niks so frustrerend vir die mens, en spanningsvol vir die bees as hanteringsgeriewe wat in ’n swak toestand is, waar jy jou hele plaasoperasie moet stop en al jou beskikbare arbeid moet gebruik om met vee te werk nie!
 
Navorsing het bewys dat indien beeste baie rof hanteer word, dit baie spanningsvol vir hulle is en dat hulle die slegte ervaring vir ’n lang tyd onthou. Wanneer beeste in goed ontwerpte geriewe hanteer word, sal hulle baie rustiger en kalmer wees.
 
Goed ontwerpte geriewe vir veeartsondersoeke, sorteer en uitlaai van beeste, sal hantering meer doeltreffend maak, en spanning en beserings aan mens en dier voorkom.
 
Elke veeboer se behoeftes is anders, daarom ontwerp Vision Cattlequip al hulle geriewe rondom die boer se behoefte en rig dit stewig en netjies op. Cattlequip jou veeboerdery vir jou hervorm. Kontak Ryno Keeve by 078-460-3322 oor hanteringsgeriewe vir enige soort diere. Finansiering kan ook deur BKB gereël word. 
 
Boere wat al oorweeg het om beesboerdery te staak as gevolg van swak geriewe en arbeidsprobleme, hanteer
nou ’n trop beeste in minder as die helfte van die tyd as voorheen, nadat hulle geriewe deur Vision Cattlequip ontwerp en opgerig is.
 
Laat Vision Cattlequip jou veeboerdery vir jou hervorm. Kontak Ryno Keeve by 078-460-3322 oor hanteringsgeriewe vir enige soort diere. Finansiering kan ook deur BKB gereël word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0