Categories: NewsPublished On: 7th January 2011

Boer in Georgië

By 2 min read

 Boere wat een van TLU SA se inligtingstoere na Georgië wil meemaak, moet spring om voor 13 Januarie te bespreek. Die eerste toer is van 24 – 29 Januarie en die tweede toer van 7 – 11 Februarie. 

Mnr Piet Kemp van TLU SA Oostreek, wat so lustig saam met Tiaan van Dyk druiwe trap by ‘n tradisionele wynmakery, is een van die boere wat waarskynlik binnekort in Georgië gaan vestig.
Meer besonderhede en die nodige inskrwyingsvorm is op die webblad www.boers.ge beskikbaar. 
 
Mnr Bennie van Zyl, die hoofbestuurder van TLU SA, wat reeds ‘n hele paar weke in Georgië is om die projek van stapel te stuur, sê daar is ongekende belangstelling in die geleenthede. In die eerste paar dae na die webwerf geskep is, het sowat 55 000 mense dit reeds besoek. 
 
Met die hulp van buitelanders, is daat reeds verskeie moderne landbouprojekte aan die gang.
 
In Georgië self, is dit vandag ‘n rustige dag, want volgens die Ortodokse geloof, word Kersfees op 7 Januarie gevier. 
 
Mnr Van Zyl sê ongeveer 7 jaar gelede was daar meer misdaad en korrupsie in Georgië as tans in Suid-Afrika. ‘n Wilsbesluit deur ‘n regering het die situasie totaal omgedraai soveel so dat dames byvoorbeeld alleen snags deur donker parkies loop sonder die vrees vir aanranding.
 
Mnr Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA is na aanleiding van ‘n ooreenkoms tussen die landbou-organisasie en die regering van Georgië vir drie maande in die land om landboumoontlikhede te ondersoek.
 
Volgens Transparency International is Georgië eerste geplaas internasionaal met die verlaging van korrupsie in hul land. Die omstandighede vir beleggings is dus baie positief. 
 
Enige navrae kan gerig word aan bennievz@gmail.com of by +995-91-91-51-11.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0