Categories: NewsPublished On: 12th May 2011

Boer gesond met EM

By 1 min read

Al hoe meer boere gebruik Effektiewe Mikro-organismes om die biologiese balans in hulle landbougrond te verbeter, maar daar is steeds baie onkundigheid oor die werking van EM. Mnr Louis Meintjes, voorsitter van TLU SA se Omgewingsbewaringskomitee bied eersdaags ‘n kursus oor die gebruik van EM aan.

Die temas wat hanteer gaan word is:

  • Lewe in die grond.
  • Gebruike oorsee.
  • Oorsig oor Landbou-tendense.
  • Wat is EM en wat doen dit?
  • Gebruik van EM in akkerbou en saaiboerdery.
  • Gebruik van EM in diereproduksie.
  • Volhoubare landbouproduksie en ekonomiese oorlewing.

Die kursus word op Vrydag 10 Junie 2011 in TLU SA se hoofkantoor in Silverton, pretoria aangebied. Die koste beloop R200 per persoon wat verversings, ’n ligte middagete, kursusmateriaal en 2 liter EM insluit.

Bespreking is noodsaaklik. Skakel Annemarie by 012-804-8031 om te bespreek.

Algemene navrae: Louis Meintjes: 082-461-7262

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0