Boer-en-bees-stem-saam:-Dié-sleepwa-is-die-beste!
![]() |
’n Mens dobbel nie met waardevolle stoetbeeste nie. So glo Serfie Serfontein van Normandien in die Newcastle-omgewing. Daarom ry hy self al die bulle aan wat hy uit sy besondere stoet, die oudste generiese Bonsmarakudde in die land, verkoop.
En daarom gebruik hy net die beste sleepwa wat die werk behoorlik kan doen: sy 3,6 meter dubbelassleepwa van Nic Sleepwaens. Dis immers die Rolls Royce van sleepwaens, sê Serfie.
Serfie weet waarvan hy praat. Hy was ’n hoëdruk-sweiser by Yskor voordat hy begin boer het en hy ken staal en staalstrukture. As ’n Nic-sleepwa nie die beste was nie, sou hy dit nie gekoop het nie.
Serfie het nie sommer net oe toegeknyp en sleepwa gekoop nie. Hy het twee jaar by Nampo na Nic-sleepwaens gaan kyk, voorstelle vir verbeterings en veranderings gemaak en die derde jaar gekoop.
“Ek het steeds ’n paar voorstelle vir Nic,” sê hy. Dit is ook waarom boere Nic-sleepwaens koop, want Nic luister na die boere se voorstelle en hou nooit op met ontwikkeling nie. Die resultaat is ’n sleepwa perfek volgens die boer se smaak en behoeftes.
Volgens Serfie is die grootste voordeel van die wa dat dit buigsaam is. Dit verseker ’n gladder rit en ’n langer lewe omdat dit nie so maklik breek as ’n soliede, starre struktuur nie.
Voeg daarby die duursame rubberveerstelsel wat padvibrasie grootliks uitskakel en die Nic-sleepwa is die perfekte wa vir dierevervoer. Dis padvibrasie wat diere beangs en verbouereerd maak.
Dierevervoer word nog makliker gemaak deurdat die Nic-sleepwa sy eie laaiblad, middelhek, skortstawe, glymat en skaapdek het. Alles aan die sleepwa is ontwerp en vervaardig om die boer jare en jare se moeitevrye, veilige diens te gee.
As gevolg van sy perfekte balans en sy vermoë om sy swaartepunt vanself volgens sy vrag te verstel, is ’n Nicsleepwa ’n toonbeeld van veilige veevervoer met die minste moontlike spanning op mens en dier.
Serfie het hierdie waarheid onlangs bewys toe hy ’n bul en koei van sy plaas, Donkerhoek, naby Normandien, af vervoer het tot doer in Duitswes.
As gevolg van die bek-en-klouseer kon hy nie kortpad deur Botswana steek nie, maar na twee-en-’n-half dae en 2 500 km het die bul en koei veilig, kalm en tevrede by hulle nuwe tuiste in Namibie afgeklim.
Dis mos wat ’n boer van ’n sleepwa verwag.
As jy en jou diere ook ’n sleepwa wil hê wat voorloop, praat met Nic Keyser. Skakel hom by 018-673-0224 of 082-859-0904 of stuur ’n e-pos na info@nictrailers.co.za. Nic Sleepwaens het ’n sleepwa vir elke taak en smaak.