Categories: NewsPublished On: 5th July 2010

Boer benut grond beter met Rhino spilpunte

By 4 min read
680 words

’n Verstandige plan van Johan Pot­gieter, wat anderkant Luckhoff knap langs Havengabrug op die oewer van die Oranjerivier met ko­ring en mielies boer, verseker dat hy die magtige rivier se water en sy beskikbare grond nou nóg beter benut.

Hy bewerk nou ook die stukke uitvalgrond tussen sy groot spilpunte en besproei hulle met kleiner spilpunte met een of twee torings. Dit beteken dat hy die byna 15% van sy grond wat voorheen onbenut was, nou ook vir produksie benut.

Boonop verwag hy ’n hoër opbrengs onder die kleiner spilpunte, want die water­doeltreffendheid van ’n kleiner spilpunt is baie beter. Met ’n kleiner spilpunt kan jy gouer water op ’n plek kry waar dit nodig is, soos vir die toedie­ning van gifstowwe of vir verkoeling van groentegewasse.

Voorheen het hy uitvalgrond met handlyne besproei, maar duur arbeid, die lae opbrengs as gevolg van die ondoeltreffendheid van ’n handlynstelsel en lae produkpryse het hom oortuig om dit te staak.

Met die klein spilpuntjies lyk sake egter rooskleurig.

Maar ’n mens moenie sommer die eerste die beste ding koop nie, glo Johan. ’n Spilpunt moet sterk en betroubaar wees, sê hy. Dit moet jou nooit in die steek laat nie en baie jare lank doeltreffend werk. En boonop moet die prys laag genoeg wees om dit ’n ekono­miese opsie te maak.

Hy het deeglike navorsing gedoen, na ander boere se spilpunte gaan kyk en met hulle gesels, en eindelik besef dat daar net een spilpunt is wat aan al sy vereistes voldoen: Rhino.

Rhino voldoen in alle opsigte aan Johan se vereistes. Ander vervaardigers maak hulle klein spilpunte met dieselfde dik pype as die grotes, wat hulle onnodig swaar, lomp en duur maak – en oneko­nomies vir kleiner oppervlaktes.

Alhoewel Rhino ook groot spilpunte met dik pype maak, is die dunner pype van hulle kleiner spilpunte steeds sterk en betroubaar, maar ook bekostigbaar en ekonomies. Hulle torings is stewig en sterk, hulle wiele wyd uitmekaar sodat hulle nie gaan omwaai nie en al hulle onderdele van die hoogste gehalte.

Ander boere se tevredenheid met Rhino-spilpunte het gehelp om Johan te oortuig en die aansienlike verskil in pryse het die saak beklink. Binne so drie jaar sal die spilpunte hulleself betaal en dan kan hulle voluit wins verdien.

Boonop verstaan Rhino se mense die boer en sy situasie. Koos du Plooy en sy span het onmiddellik die beste pryse en raad gegee vir die mees ekonomiese en doeltreffende oplossing.

“Hulle het hier op die plaas kom kyk en kom opmeet, en het gehelp met die aanpas­sings aan die pompe en watertoevoerstelsels,” sê Johan. “Hulle mense is goed opgelei en baie bekwaam, en ’n boer kan hulle volkome vertrou met die volledige ontwerp van ’n stelsel.”

Hulle het Johan ook goeie raad gegee met die keuse van ’n sproeierpakket wat groter druppels lewer. Dit is baie belangrik in dié wêreld met sy sonverskroeide klippe waar verdamping ’n groot deel van jou water kan opslurp voordat dit op jou land beland.

 

Rhino se omvattende waarborg oortuig hom ook dat die mense vertroue in hulle produkte het, sê Johan, maar wat hom die meeste beïndruk, is die feit dat hulle so toege­spits is daarop dat die stelsel werklik vir die boer moet werk: “Rhino se mense los nie die boer uit voordat jy heeltemal tevrede is nie.”

Vir doeltreffende spilpuntbesproeiing van enige grootte enige plek in die land, praat met Rhino se voorslae: Koos du Plooy by 083-441-9576, of Rhino se beplanners, Christo Taljaard 082-315-3211, of Wolf Krüger 082-771-3469, of met een van Rhino se agente:

  • Vrystaat: Gert Lamprecht 082-804-4069, Jannie Taljaard 082-415-3440
  • Oos-Kaap: André Swane­poel 082-378-9874
  • Piketberg/Namibië 022-913-2333
  • Natal: Vryheid Besproeiing 082-929-3188
  • Limpopo: NTK Lammie 082-800-1880
  • Loskopvallei: NTK Janneman 082-802-8959

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0