Categories: NewsPublished On: 9th August 2011

Bly-koelkop-met-die-verf-wat-kan-dink

By 5 min read
Die nanotegnologie van Vermillian se Solar Aircon waarmee die dak van Hunter’s Rise-varkboerdery se KI-sentrum behandel is, sorg vir ’n lekker koel temperatuur op snikwarm somersdae. Gemaklike sôe vat makliker en sorg dat die boerdery winsgewend werk. Solar Aircon is geskik vir alle dierebehuising, maar ook vir skure, pakhuise en woonhuise. Dit is in verskillende mooi kleure te kry.
“En vra hulle my waarom dek ek hom nie dan sê ek as die son skyn dan lek hy mos nie.”
 
Só lui ’n versie oor die vaal ou pondokkie met die lekkende dak in die lied oor kwaai oom Karel Malang van Aasvoëlgesang se mooi dogter.
 
Gelukkig is ons boere nie so kortsigtig soos die vryer in hierdie lied nie – ons boere weet dat winter in die somerreënstreke die tyd van die jaar is om al die dakke op die plaas weer dig en diensbaar te maak. Dakke beskerm immers waardevolle bates soos diere, werktuie, voer, voertuie en mense.
 
Die wyse boer wat eens en vir altyd die beste diens uit sy dakke wil put en nie elke winter die werk oor wil doen nie, se eerste stap in daksorg is om by Vermillian Verf aan te klop. Dis waar hy die beste raad en die beste produkte kry om sy dakke te beskerm sodat die dakke sy bates kan beskerm.
 
So ’n boer is John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery naby Viljoenskroon. Hunter’s Rise huisves sowat 6 500 varke en om al hierdie varke gesond en tevrede te hou sodat hulle ten beste presteer, is gerieflike huisvesting met digte, doeltreffende dakke noodsaaklik.
 
Vermillian se hittewerende verf skep gerieflike, koel omstandighede waarin diere gemaklik kan leef en op hulle beste presteer.
Koel plan
 
Vroeër het ProAgri beskryf hoe Vermillian se Verust roes uitknikker en wat Vermillian se nanotegnologie-waterdigting vir boere kan doen. Maar Vermillian bied nog ’n baie belangrike voordeel vir dakeienaars: temperatuurbeheer.
 
Enige boer weet dat diere wat gemakliker is minder geïrriteerd raak en beter groei, sê John. In die somermaande, en selfs op sonnige wintersdae, kan dit soms ongemaklik warm raak onder sinkdakke en dit kan die varke se prestasie merkbaar benadeel.
 
Dit geld veral vir die boerdery se sentrum vir kunsmatige inseminasie, waar temperatuurskommelinge bevrugting – wat die begin van die produksieproses is – kan benadeel.
 
Maar Vermillian het ’n plan: ’n produk genaamd Solar Aircon, wat die temperatuur onder ’n dak wat daarmee behandel is op warm dae met 6 tot 7 grade Celsius verlaag. Afhangend van verskeie faktore is daar gebruikers wat ’n kleiner verbetering kry, maar daar is ook gebruikers wat daarin slaag om die temperatuur met tot 10 grade te verminder.
 
’n Temperatuurdaling van slegs enkele grade op ’n warm dag kan ’n aansienlike verskil in diereproduksie meebring, vertel John. Hy self kan sommer sien hoeveel gemakliker sy varksôe onder Solar Aircon is. Dit geld ook vir ander diere onder dak, soos hoenders en melkbeeste en kan die mortaliteitsyfer aansienlik afbring.
 
Om Solar Aircon aan te wend is baie maklik. As die sinkdak nog nuut is, is dit raadsaam om dit eers met Galvanise Cleaner, ook beskikbaar by Vermillian Verf, te behandel. As daar ’n roesgevaar is, kan dit met Vermillian se Verust beheer word. Solar Aircon word dan oorkruis in twee lae met die kwas op ’n skoon oppervlakte aangewend en siedaar, jou diere sal jou bedank.
 
Soos Vermillian se ander produkte, bind Solar Aircon baie goed sodat dit nie oplig of afdop nie, sê John met ’n tevrede glimlag.
 
Verdere goeie nuus is dat doeltreffendheid nie eentonig hoef te wees nie. Solar Aircon is in verkillende kleure te kry, soos kalahari, mosgroen, sonskyngeel, wit en naaswit. Al die kleure weerkaats die son se warmte ewe goed, want soos met Vermillian se waterdigting, lê die geheim in gevorderde nanotegnologie. Vermillian staan nie verniet bekend as die verf wat kan dink nie.
 
Dis nou die tyd om aandag aan dakke te gee. As jy die angel uit volgende somer se hitte en daklekkery wil pluk, praat nou met Vermillian Verf se behulpsame slimkoppe by 012-335-0330, 012-546-3350, 012-335-5446 of 012-345-4273. Besoek ook enigeen van Vermillian se winkels of die webwerf, www.vermillianpaint.com.
 
Nog stories oor Vermillian Verf op die plaas:
Vermillian Verf: Boender kieme uit met waterdigting
 
‘n Absolute voorvereiste vir winsgewende varkboerdery is honderd persent higiëne. So sê John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery net buite Viljoenskroon in die Vrystaat.
 
Vermillian stop jou lekkery met lekkerkry
 
Net so graag as wat die boer nie wil hê water moet deur sy dakke of mure inlek nie, wil hy nie hê dit moet uit sy damme, tenks en krippe lek nie.
 
Vermillian Verf: Troef roes met Verust
 
Roes is ’n lastige ergenis wat derduisende rande se skade op plase regdeur die land aanrig. Een roesslagoffer wat al knap duskant moedeloos gedraai het, is John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery net buite Viljoenskroon in die Vrystaat.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment