Categories: News, Stock and game farmingPublished On: 23rd November 2017

BKB Louwid se 27ste herdenkingsveiling

By 1 min read

Duurste bul r-kg

Wentzel Vorster (BKB Louwid) enFred Bibbey (duurste bul / rand per kg).

Op Donderdag 9 November 2017 het BKB Louwid Frankfort hulle 27ste herdenkingsveiling aangebied by die RAC-veilingskompleks. Die dag was vol bedrywighede en daar is heerlike gekuier.

Hier volg die veilingsverslag:

  • Die duurste speenkalwers onder 150 kg is verkoop deur AW Moloi, die duurste 150/200 kg kalwers is verkoop deur CJ Muller.
  • Die duurste 200/250 kg kalwers is verkoop deur Ostmann boerdery CC.
  • Die duurste 250kg + kalwers is verkoop deur Marina Bierman Trust.
  • Die duurste speenkalwers vir die dag is deur CJ Muller gelewer. GP Victor was die verkoper van die duurste koei.
  • Klipspruit boerdery het die swaarste koei van die dag gelewer (698 kg).
  • Die duurste bul (rand per kg) is deur Bibbey Boerdery verkoop.
  • Die swaarste bul (1 070 kg) is deur HL van Rooy verkoop.
  • Die duurste os (rand per kg) is deur AJ Mostert verkoop.
  • Die duurste koeie met kalwers is verkoop deur DHC van Rensburg.
  • Die duurste lammers is verkoop deur MC Botha.
  • Die duurste ooi is deur PG Malepa verkoop.
  • Die duurste ram is deur PG Odendaal verkoop.

Jan Mostert en Roelof Heenop het as afslaers opgetree.

BKB Louwid het elke pryswenner gelukgewens met die uitstekende prestasies. Hulle sê dankie aan elke koper, verkoper en mense wat die suksesvolle dag saam met hulle geniet het. Hulle Kersveiling vind plaas op Donderdag 21 Desember 2017, alle vee is welkom!

Bron: BKB Louwid

veiling

Bertu en Johan van Rooy (Swaartste bul) en Wentzel Vorster.

Wentzel Vorster en Johan du Plessis (Swaarste koei).

AJ Mostert (Duurste os/rand per kg) en Wentzel Vorster.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment