Categories: NewsPublished On: 25th July 2011

Biotegnologie-in-September-op-die-tafel

By 1 min read

Vooraanstaande internasionale kundiges in die toepassing van biotegnologie in die landbousektor kom  van 6 – 9 September by die Sandton Konferensiesentrum byeen om die nuutste tegnologie in hierdie veld tydens die Agricultural Biotechnology International Conference (ABIC2011) te bespreek.  

Enigeen wat betrokke is by die landbousektor, voedselproduksie, kleinhandel-voedselmark, verbruikersdienste en veral ondernemers wat nuwe sakegeleenthede ondersoek, behoort volgens die organiseerders, hierdie konferensie by te woon.

Biotegnologie speel reeds ‘n deurslaggewende rol om plantgewasse teen die biotiese en abiotiese stresfaktore soos droogte, hitte, koue en onvrugbare grond te beskerm en daardeur meer en beter gehalte mielie- en ander gewasse op te lewer wat die hoofbron van voedsel vir baie Afrika-bevolkings is.  

Kenners beweer dat die toepassing en omvang van biotegnologie in die landbou eersdaags ander rewolusionere tegnologie sal verbysteek. ABIC2011 gaan veral die klem plaas op vyf hooftemas, naamlik Bio-ekonomie, Genomika vir better landbouprodukte; Bio-gebaseerde industriële produkte, Bio-landbou; en Omgewing- en voedselveiligheid evaluasie.

‘n Gratis openbare forum wat op verbruikers gerig is, word op 6 September gehou om die toepassing en die voordele van biotegnologie in leketaal aan die algemene publiek te verduidelik.

Die program met hoofsprekers en hulle besprekingspunte is beskikbaar by http://www.abic2011.co.za/programme.html

Registrasie
Die registrasiefooi is R5 800 (BTW ingesluit) vir diegene wat voor 28 Augustus op die webwerf registreer.  Vanaf 6 September kan belangstellendes by die konferensie registreer teen R6 400. Bel 012-816-9000 vir meer inligting of stuur ‘n epos aan abic2011@foundation.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0