Categories: NewsPublished On: 17th October 2011

Bien-Donné-trek-‘n-nuwe-baadjie-aan

By 1 min read
247 words
Die Bien Donné Landbou Expo wat in Simondium buite Franchhoek aangebied word, sal voortaan as die Bien Donné Agri Cape Week bekend staan. 
 
Die landbouskou dien jaarliks as ‘n waardevolle geleentheid vir die vrugte-, groente- en wynbedrywe van die Boland om met mekaar te skakel en sake te doen.
 
Die Landbounavorsingsraad maak ruim van die skou gebruik om sy dienste onder die aandag van boere te bring.
 
“Die LNR beskou Bien Donné Agri Cape Week Expo as ‘n belangrike brug tussen navorsing, tegnologie-oordrag en praktiese landbou” het dr Shadrack Moephuli, president en uitvoerende hoof van die LNR, gesê.
 
"Die bedryf moet kennis neem dat Bien Donné een van die LNR se navorsingsplase is en dat die grootste deel van navorsing vir die ontwikkeling van nuwe sagtevrugte kultivars op hierdie spesifieke plaas gedoen word", het dr Moephuli gesê.
 
"Bien Donné Agri Cape Week handhaaf steeds die historiese aard en hoë standaarde van die ou Bien Donné Expo het Orton King, uitvoerende direkteur van die Agri Mega Groep gesê. 
“Dit bly ‘n vertoonvenster van die LNR se navorsing”. 
 
Mnr King het gesê die ekspo fokus op die hele waarde-ketting van die primêre en sekondêre landbou-bedrywe. 
 
Bien Donné Agri Cape Week 2012 het die tema "Verander vir volhoubaarheid" en vind op 19 tot 21 April 2012 plaas.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0