Bewaar water sonder sukkel
![]() |
Die reen kom op sy tyd, maar sy tyd is nie altyd die tyd wanneer ’n boer water nodig het nie. Dit is waarom die opgaar van water ’n noodsaaklike deel van boerdery is.
Maar die meeste boere het ellelange ellendes van sukkel met damme en opgaartenks wat moeilik is om te bou, knaend lek en baie instandhouding verg. Dit is waarom die oplossings wat Hefer Plant Hire met hulle hoedigtheidpolietileenvoerings (HDPE) asook voerings van polivinielchloried (PVC) bied, so gesog is.
Geosintetiese voering is buigsaam, maar baie sterk. Dit word regstreeks op die voorbereide grond geplaas en skrik glad nie vir waterdruk of die son nie. Die voering is UV-bestand vir 10 tot 20 jaar, afhangende van die dikte van die plastiek.
Hefer Plant Hire verskaf ook nie net die materiaal nie, maar ’n totaledienspakket (turnkey operation). Boere kan gerus van hulle kundigheid gebruik maak om te help met die beplanning en ontwerp van damme, asook die bouwerk self, belyning en herstel van bestaande damme.
Shawn Hefer vertel: “Ons het ingenieurs met jare se ondervinding om myne te help met die ontwerp van hulle opgaar- en slikdamme. Ons kan boere raad gee oor die wetlike vereistes en kan ook vir ’n boer ’n akkurate kosteberaming doen.”
Daarby hoef ’n boer nie bang te wees vir die arbeid verbonde aan iets soos ’n gronddam nie, dit is immers Hefer Plant Hire met wie hy sake doen – hulle het enige masjien wat grond kan verskuif in hulle vloot! Hulle het selfs ’n slim masjien wat op eie stoom die plastiekstroke aanmekaar vassmelt sodat geen druppel water daar kan deurdring nie.
Skakel Shawn Hefer by 082-496-8696 of besoek www.heferplant.co.za vir meer inligting.