Categories: NewsPublished On: 1st June 2010

Bewaar jou waarde en laat groei jou geld met diamante

By 2 min read
363 words

’n Skitterende geleentheid vir ’n lonende belegging is geslypte diamante, sê Danie van Niekerk van Praus, die betroubare verskaffer van wettige, gesertifiseerde geslypte diamante en ander edelgesteentes.

Diamante kos tans as gevolg van die wêreldwye resessie dieselfde as in 2004/5 en mense wat nou in diamante belê sal oor twee of drie jaar ’n baie goeie opbrengs behaal. Daar is min, indien enige, ander beleggings wat terselfdertyd so seker is en so ’n hoë opbrengs sal behaal oor die genoemde tydperk.

Diamante bied die mees kompakte manier om rykdom te berg. Dit verloor nie waarde soos geld nie, word nie weggevreet deur inflasie nie (dink maar aan Zimbabwe) en is nie van wetgewing afhanklik om waarde te behou nie.

Daar is nie eiendomsbelasting op diamante nie. Dit kan nie siek word en vrek soos beeste nie, dit kan nie onteien word soos grond nie. Die waarde van diamante bly groei omdat dit so skaars is, so duur is om te ontgin en so duursaam is.

Boonop is diamante maklik om te vervoer en veilig te bewaar.

Maar vir die beste transaksie het jy hulp nodig, of jy ’n diamant vir jou geliefde wil koop of as belegging.

Praus het ’n aansienlike voorraad ­ge­­slypte diamante en ook ’n wye netwerk diamantslypers om enige diamant wat jy verlang te verskaf – en dit met regstreekse aflewering en teen pryse wat jou oë sal laat blink.

Praus is ook tans besig met onderhandelinge om as agent beleggings-diamante namens kliënte op ’n internasionale elektroniese diamantbeurs te plaas. Alle diamante word gegroepeer volgens eienskappe soos kleur, snit, suiwerheid en karaat, en jy kan daagliks op die Internet kyk wat die aanbod vir die groep is waarin jou diamant is. Is jy tevrede met die prys, laat jy jou diamant verkoop, anders laat jy hom net daar lê en in waarde toeneem.

Vir jou geliefde of ’n veilige, seker belegging, praat vandag nog met Danie van Niekerk van Praus by 0861-GEMSTONE of 078-695-0087 of e-pos danie@praus.co.za. Kom kuier ook by www.praus.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0