Categories: NewsPublished On: 12th January 2012

Beurtkrag-dreig,-boere-moet-help

By 1 min read

AgriSA het `n beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om gehoor te gee aan Eskom se versoek om krag te bespaar.  Volgens Johannes Möller, president van Agri SA, is dit belangrik dat landbouers krag tydens krisisperiodes, vanaf  17:00 tot 21:00, moet bespaar om beurtkrag te vermy.

Hoewel  landbou-produksieprosesse en die verkoeling van bederfbare landbou- en voedselprodukte min ruimte vir elektrisiteitbesparing laat, is dit moontlik dat boere, veral deur herskedulering van verbruik, ‘n bydrae kan lewer om druk op Eskom se landswye voorsiening van elektrisiteit te verlig.  Mnr Möller het bygevoeg dat die verwerking en verkoeling van ‘n verskeidenheid landbou-produkte, wat ‘n vereiste vir die handhawing van gesondheid- en kwaliteitstandaarde is, ook geensins sonder deurlopende kragvoorsiening gedoen kan word nie.

“Beurtkrag kan landbou- en voedselproduksie knou en in sommige gevalle selfs vernietig,” sê mnr Möller. Hoewel die landboubedryf een van die kleiner elektrisiteitsverbruikersgroepe is, is sowat 25% van Suid-Afrika se landbouproduksie van elektries-aangedrewe besproeiingstelsels afhanklik. 

Hy het afgesluit met die wens dat alle kragverbruikers sal meedoen aan die poging om deur besparing en herskedulering ‘n beurtkragbedeling te vermy.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment