Categories: NewsPublished On: 5th August 2011

Beter verkope van nuwe trekkers en stopers duur voort

By 1 min read
189 words
Trekkerverkope het in Julie vanjaar weer eens veel beter gevaar as verkope in die ooreenstemmende maand verlede jaar. Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie (SALMA) is 704 eenhede vanjaar verkoop teenoor slegs 427 eenhede verlede jaar.
 
Stroperverkope van 20 eenhede is meer as dubbeld die verkope van 9 eenhede in Julie verlede jaar.   
Sedert November verlede jaar is trekkerverkope per ooreenstemmende maand hoër as verkope vir dieselfde maand verlede jaar, rapporteer SALMA.   
 
Die vereniging meen dié syfers weerspieël ‘n volgehoue optimisme in die mark vir landboumasjinerie.  
Vooruitsigte vir kommoditeitspryse, veral vir mielies, lyk goed. Daar bestaan aanduidings dat die  plaaslike graanvoorraad aansienlik afgeneem het, veral weens hoër uitvoere. Vooruitsigte vir die komende koringoes lyk volgens SALMA ook goed. 
 
Dit is tans makliker en vinniger as ’n jaar gelede om krediet by banke te vergroot, meen SALMA. Boonop bly pryse vir toerusting baie mededingend weens die volgehoue sterk rand.
 
Ramings binne die bedryf vir trekkerverkope vir die 2011-kalenderjaar is weer opwaarts tot tussen 6 400 en 6 700 eenhede aangepas, wat ongeveer 25% tot 30% hoër as verkope in 2010 is.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0