Categories: NewsPublished On: 12th August 2016

Beter kommunikasiemiddels vir boere

By 1 min read

Agri SA logo Kleur NUWE

Agri SA en AliSom Communications, ‘n nasionale vennoot van Vodacom, het kragte saamgesnoer om sellulêre- en internetdienste nader aan boerderygemeenskappe en agri-ondernemings te bring. Dit volg nadat ‘n ooreenkoms tussen die twee organisasies onderteken is as deel van Agri SA se pogings om landelike boerderygemeenskappe te voorsien van wêreldklas kommunikasiestelsels.

AliSom sal die boere op ‘n persoonlike grondslag bystaan deur middel van regstreekse toegang tot die dienste te bied sodat hulle nie deur ‘n inbelsentrum hoef te werk om navrae te hanteer, nuwe dienste te aktiveer of bestaande pakkette op te gradeer nie.

AliSom sal die boerderygemeenskap kan help met die jongste tegnologie in die sellulêre-, data- en Internet-omgewing. AliSom is een van Vodacom se nasionale vennote en kan ‘n wye reeks Vodacom-produkte soos mobiele-, data- en landlyngeriewe, met inbegrip van omvattende besigheidsoplossings, selfoonpakette en internet-konnektiwiteit.

Een van Agri SA se doelwitte is om die kommunikasie-infrastruktuur vir die landbougemeenskap te verbeter deur middel van die jongste tegnolgie. Boerderye is op doeltreffende kommunikasietegnologie aangewese om hulle ondernemings doeltreffend te bestuur. Een van hierdie tegnologieë is VSAT  (very small aperture terminal) wat gegrond is op ‘n satellietstelsel en meer doeltreffrend aangewend kan word waar meer tradisionele metodes van kommunikasie nie suksesvol is nie, weens beperkte toegang. Met hierdie tegnolgie kan boerderygemeenskappe toegang verkry tot Internet- en telefoondienste.

Die maatskappy glo dat die landbou ‘n kritieke sektor is om ekonomiese en landelike ontwikkeling te stimuleer. Met die ondertekening van hierdie ooreenkoms, sal die maatskappy ook bydra tot die Agri Securitas Trustfonds om die veiligheid van die boergemeenskap te verbeter.

Bron: Agri SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0