Categories: NewsPublished On: 2nd June 2010

Bestel-jou-saad-nou:-PANNAR-plantpakkette-verseker-sukses

By 4 min read

Al PANNAR se kultivars is noukeurig ontwikkel en deeglik getoets om te verseker dat dit voorspelbare gunstige resultate lewer.

Sonneblom vir sukses
PANNAR se sonneblompakket is bekend vir sy hoë opbrengspotensiaal, uitste-kende stabiliteit en wye gebiedsaanpasbaarheid. Al die PANNAR-kultivars bied weerstand teen bruinroes (Puccinia helianth) wat saadopbrengs kan verlaag en die olie-inhoud kan benadeel.

In die medium groeiseisoenklas spog PANNAR met PAN 7351 en die opwindende nuwe PAN 7726HO.

PAN 7351 is bekend vir sy hoë opbrengspotensiaal, stabiliteit en wye gebiedsaanpasbaarheid. Hy is ’n staatmaker in al die sonneblomproduksiegebiede en in ’n saadpakket ’n baie goeie aanvulling vir PANNAR se gewilde PAN 7033.

PAN 7726HO is die nuwe hoë-oleïen-suurbaster met ’n oleïeninhoud van 80% en selfs hoër, wat hom ideaal maak vir die diepbraai-bedryf. Dit is ’n baie egaligebaster met ’n goeie opbrengspotensiaal. Hy word aan sy silwergrys pitkleur uitgeken. Omdat dit ’n spesialiteitsbaster is, moet dit onder kontrak verbou word.

PANNAR se medium-laat groeiseisoensonneblom-kultivars is die vlagskip, PAN 7033, en die nuwe PAN 7049.

PAN 7033 is Suid-Afrika se leier-sonneblombaster en word as hoofaanplan-ting vir al die produksiestreke aanbeveel. Dié staatmaker is al die afgelope drie jaar die toppresteerder in PANNAR se kultivar-proewe. Hy word aanbeveel waar hoë druk van bruinroes ondervind word.

PAN 7049 is ’n nuweling met ’n uitstekende opbrengspotensiaal. Dis ’n baie egalige, volseisoenbaster met bruinroesweerstand en die afgelope drie jaar ’n toppresteerder in Pannar se kultivarproewe. Dit word aanbeveel vir alle sonneblomproduserende gebiede.

Presteer met droëbone
Boontjieboere kan vanjaar baljaar met PANNAR se sinvolle reeks lonende droëboonkultivars.

Rooi gespikkelde suikerbone
PAN 135 is ’n nuwe suikerboon met ’n bepaalde groeiwyse. Dit lewer ’n uitstekende graangehalte in die warm produksiegebiede van KwaZulu-Natal en Swaziland se laeveld of vir laat aanplantings.

Nog ’n welkome nuweling is PAN 139 met sy regop onbepaalde groeiwyse. Hierdie suikerboon hou belofte in vir regstreekse meganiese stroop en is ’n goeie keuse vir KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Dit bied ’n unieke kombinasie van ’n regop planttipe met ’n onbepaalde groeiwyse en uitstekende staanvermoë. Boonop bied dit uitste-kende algemene siekteweerstand, ook teen roes, hoekige blaarvlek en BMV.

PAN 116 is die eerste suikerboontipe wat belofte inhou vir regstreekse meganiese stroop en ’n goeie keuse vir die produksiegebiede van KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Dit bied die unieke kombinasie van ’n regop planttipe met onbepaalde groeiwyse en uitstekende staanvermoë. Die pitte is groot. Hierdie kultivar het ook uitstekende algemene siekteweerstand, ook teen roes, hoekige blaarvlek en BMV.

Met sy uitstekende opbrengsprestasie is PAN 128 soortgelyk aan die gewilde PAN 148, maar met beter saadgehalte-eienskappe en opbrengsstabiliteit. Dit is goed aangepas vir al die droëboonproduksiestreke en veral mededingend in die Oos-Vrystaat, Mpumalanga en westelike produksiegebiede. Dit is matig verdraagsaam teen roes en bied weerstand teen BMV.

PAN 148 is ’n bewese presteerder wat reeds langer as tien jaar ’n integrale deel van droëboonproduksie in Suid-Afrika vorm. Dit is goed aangepas in al die produksiestreke en bly die eerste keuse in Mpumalanga.

PAN 9249 is ’n nuwe grootsadige kultivar wat ’n uitstekende opbrengs en stabiliteit in al die produksiegebiede toon, veral in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Noordwes. Dit bied baie goeie algemene siekteweerstand, ook teen roes, hoekige blaarvlek en BMV.

Klein wit inmaakboon
PAN 185 is ’n toppresteerder in nasio-nale proewe. Dit bied ’n goeie, stabiele opbrengs by alle opbrengsvlakke en is veral goed aangepas vir Mpumalanga en die Oos-Vrystaat. Dit bied goeie weerstand teen roes, hoekige blaarvlek, antraknose en BMV. Dit het ’n goeie staanvermoë en bied ook goeie weerstand teen oopspring.

PANNAR se flink span kundiges verstaan die boer en staan reg om hom met net die regte saad en raad te help om welke keer ’n wenoes te behaal, ook ten opsigte van mielies, soja, graansorgum, koring en ’n verskeidenheid voergewasse.

Vir meer inligting, praat met jou saadmaat by PANNAR:
Hoofkantoor:
033-413-9500, e-pos infoserve@pannar.co.za, webwerf  www.pannar.com
KwaZulu-Natal en Kaap-gebied
(Greytown) 033-413-9500
Noordwes-gebied (Klerksdorp)
018-406-1700
Oostelike gebied (Delmas)
013-665-6400
Sentraal-gebied (Heidelberg)
016-341-5881
Vrystaat-gebied (Kroonstad)
056-216-3000
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0