Categories: NewsPublished On: 7th November 2011

Beste-Oktober-vir-trekkerverkope-in-28-jaar

By 1 min read
239 words
Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging se beraming vir trekkerverkope vir die 2011 kalenderjaar is op die oomblik tussen 7 000 en 7 200 eenhede, ongeveer 35% tot 40% meer as verkope in 2010. 
 
Dit volg op die goeie verkope vir Oktober van 979 eenhede, byna 61% meer as die 610 eenhede wat in Oktober verlede jaar aangemeld is. Verkope vir Oktober 2011 was die hoogste verkope vir ’n maand sedert Oktober 1982 is.
 
Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 46% hoër as verkope vir die eerste tien maande van verlede jaar. Dit is die twaalfde opeenvolgende maand (sedert November) wat trekkerverkope hoër is as vir die ooreenstemmende maand van die vorige jaar.
 
Stroperverkope van 45 eenhede in Oktober het ook skerp gestyg vergeleke met die 10 eenhede wat verlede Oktober verkoop is. Tot dus ver vanjaar is stroperverkope van 239 eenhede 44% hoër as verkope vir die eerste tien maande van verlede jaar.
 
Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging weerspieël die goeie verkope volgehoue optimisme in die mark vir landboumasjinerie. Hulle reken die onlangse skerp waardevermindering van die rand sal tot prysverhogings in die afsienbare toekoms lei wat baie boere genoop het om vroeër besluite  oor aankope te neem.
 
Die vereniging het gesê dat vooruitsigte vir kommoditeitspryse, veral mielies, goed lyk aangesien daar aanduidings is dat die plaaslike graanvoorraad aansienlik verlaag word, hoofsaaklik weens groter uitvoere. Hulle het gesê dat die vooruitsigte vir die komende koringoes ook goed lyk.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0