Categories: Crop productionPublished On: 22nd March 2017

Bespaar diesel met Hinomoto se trekker

By 2 min read
hinomoto

hinomoto 1

Wil jy graag diesel bespaar en minder betaal vir jou trekker se dienste? Skaf dan vir jou ’n Hinomoto-trekker aan – die mees ekonomiese trekker in Suid-Afrika. Onafhanklike kundiges het Hinomoto-trekkers se dieselverbruik oor ’n tydperk van een jaar aangeteken en verskeie van die trekkers het so min as 400 ml diesel per uur gebruik.

Hinomoto voer nuwe en tweedehandse Japanese trekkers vir boere in. Hulle het die mees omvattende reeks werktuie vir kompakte trekkers in die land. Wat hulle nie het nie, kan hulle vir die boer vervaardig. Al Hinomoto se produkte word gerugsteun deur omvattende waarborge, wat boere die nodige gemoedsrus gee.

Hulle versien, herstel en herbou ook ander Japanese trekkers soos Yanmar, Kubota en Mitsubishi, en ook ander trekkerfabrikate soos Massey Ferguson, John Deere, Ford, Landini en Fiat.

Met Hinomoto se jare ondervinding (vanaf 1966) kan hulle die boer help om die beste trekker en toerusting vir sy plaas te kies. Benewens trekkers verskaf Hinomoto meer as 30 verskillende werktuie vir kompaktrekkers. Hulle ontwikkel en voer steeds nuwes in in samewerking met die boere wat hulle spesifieke behoeftes stel.

So het Hinomoto in samewerking met Moringa4All doeltreffende werktuie ontwikkel om doeltreffend met Moringa te kan boer. (Sien ProAgri 204)

Die nuwe Hinomoto 180DT 4×4-trekker van 18 kW

Hierdie trekker is slank genoeg om maklik tussen rye in te pas, maar sterk genoeg om selfs ’n laaigraaf met gemak te kan hanteer. Hy is ook geskik vir snoeiwerk met ’n sekelsnoeier.

Hinomoto se hoëdrukspuit is ’n baie gewilde werktuig. Die spuit gebruik hoëdruk saam met unieke spuitkoppe om ’n lugopening te vorm en sy eie wind op te wek. Sodoende kry die boer die effek van ’n waaier sonder om ’n hoë kilowatt-trekker te gebruik. Die hoogte, wydte en spuithoek van die balk is verstelbaar. Elke spuitstuk kan ook afsonderlik verstel word vir presisiebespuiting. Die spuit word met sukses aangewend in boorde, wingerde en groentelande.

Kontak Paul van Staden vir meer inligting oor Hinomoto by 010-222-0670 of stuur vir hom n e-pos na sales@hinomoto.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.hinomoto.co.za. Onthou ook om Hinomoto by NAMPO te besoek (stalletjie 201).

Hinomoto

Hinomoto se hoëdrukspuit

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment