Beskerm-jou-lewe-en-eiendom:-Zollhaus-maak-RoboGuard-nog-nuttiger!
Skurke en skelms sluip onder die dekking van die duisternis nader om die boer van sy eiendom of selfs van sy lewe te beroof.
Die boer werk bedags hard om die uitdagings in sy pad te oorkom en kan nie 24 uur dag op wag wees teen rowers en moordenaars nie.
Daarom gebruik slim boere RoboGuard om hulle eiendom en lewe te beskerm.
RoboGuard se sensoreenhede word op strategiese plekke geplaas om alle verdagte bewegings aan ’n hoofkwartier (HK) by die boer te rapporteer.
Die boer wil nie elke nou en dan deur honde of uile se bewegings gewek word nie, daarom het die sensoreenheid twee oë op verskillende hoogtes, wat altwee iets moet sien voor hy rapporteer. Hy pla jou nie met Wagter of Oupa Uil se bedrywighede nie, maar Boeta, laat ’n tweebeenwese net daardie twee oë se 110 grade kykveld binnesluip!
Vir elke HK kan jy van een tot agt sensoreenhede op verskillende plekke plaas en die HK sê vir jou watter een iets sien, sodat jy presies weet van watter kant die aanslag kom.
Kommunikasie tussen die sensors en HK (tot 400m) vind met radioseine plaas sodat weerlig en draadknippery jou stelsel nooit lamlê nie.
Maar die beste nuus van alles is dat Gordon Muller se maatskappy, Zollhaus, RoboGuard nog nuttiger maak met installasietoerusting wat dit die veelsydigste en bekostigbaarste nommerpasstelsel vir die boer maak.
Dit beteken dat jy, soos Andreas Moll van Bronkhorstspruit, jou hele stelsel self binne 20 minute kan installeer en agterna na willekeur kan verander, verskuif of aanpas, hoofsaaklik omdat daar geen draadwerk is nie, maar ook te danke aan slim monteerstukke.
Vanaf Zollhaus kom jou RoboGuard-stel klaar geprogrammeer, getoets en reg vir blitsige doen-dit-self installasie. Elke “wag” het reeds sy passtuk agteraan.
Al wat jy nou hoef te doen, is om een van die monteerstukke in die stel op elke plek waar jy ’n “wag” wil plaas aan ’n muur, paal of heining aan te bring. Daar is selfs ’n montering beskikbaar wat met rekke om ’n boom vasgemaak word, en ’n monteringspen wat in die grond ingeslaan word sodat jy jou sensoreenheid altyd presies op die regte plek kan plaas.
Die passtuk aan die sensor se basisplaat pas netjies oor ’n pen aan die montering en word met ’n allan-sleutel en klemskroef vasgemaak sodat niemand wat nie die regte toerusting byderhand het daarmee kan karring nie.
Jy kan nou jou sensoreenhede elke nou en dan rondskuif soos jy wil – bedags op een plek en snags op ’n ander – en net jy weet waar jy hulle geplaas het.
Jy kan hulle laat voertuie, werktuie, toerusting of produkte oppas, ’n ogie oor die hek of die nethuis se deur laat hou, jou laat waarsku as iemand uit die donker op jou afsluip waar jy by jou braaivleisvuur sit en selfs – omdat die hoofkantoor ook mobiel is en met batterykrag werk, saamneem om jou op te pas wanneer jy gaan visvang!
Moenie jou gesin en eiendom langer aan aanvallers blootstel nie. Bel vandag vir Gordon Muller van Zollhaus by 083-321-1646 of 086-111-1358.