Beskerm jou bates: Vermillian Verf werk vir boere
“Verust is ’n wonderlike produk om te gebruik,” vertel Frans. “Jy hoef nie ure lank af te skuur en glad te maak nie. Gebruik net ’n staalborsel om skoon te maak en verf dan die Verust op. Dit werk goed, selfs op growwe oppervlaktes.”
In die Kaap by die Keibees Varkboerdery, stem Kobus Victor saam. Hy is verantwoordelik vir die instandhouding van die groot kommersiële boerdery se hokke wat dikwels tot 15 000 varke huisves. Hulle is besig met ’n proses om die varkhokke te moderniseer en gebruik ook die geleentheid om die staal in die hokke met Verust te behandel.
Hy sê hulle is tot dusver baie tevrede met die produk en beveel dit graag aan. Kobus sê: “Die houers moet net goed geskud word en ons het ondervind dat die beste is om dit met die hand met ’n kwas aan te verf en nie ’n roller nie.”
Klamheid is staal se een vyand, die ander een is die ammoniakdampe van die varke se urine en mis, asook die hoenders se mis. Frans sê hoewel dit nie so ’n groot probleem in hoenderhokke is nie, is daar ook ammoniakdampe en hy weet die Verust sal die staal beskerm, juis omdat dit in varkhokke getoets en bewys is.
John Westerink van Hunter’s Risevarkplaas by Viljoenskroon is die man wat die toetswerk gedoen het. Hy was so beïndruk dat hy nou ook optree as verteenwoordiger vir Vermillian Verf. John het onder meer Verust se “staal” getoets in die plaas se misput waar daar ’n hoë konsentrasie ammoniakwalms is. Die twee I-balke wat die roerder vashou het knaend geroes, totdat dit met Verust behandel is.
Waar jy Verust aangebring het, is daar geen verdere kommer nie, sê John. “Vir die eerste keer kan ons nou voorbly in die stryd teen roes.”
Frans Kasselman van Langspruit Landgoed naby Standerton sê met die hulp van beter isolasie en Vermillian se Verust, is sy hoenderhuise nou 100% reg vir goeie produksie.
Verhoog produksie
Frans is ook baie tevrede met die diens wat hy by Vermillian Verf se mense gekry het. Hy sê John was self op die plaas om raad te gee en hulle sal in die toekoms ook kyk na die ander produkte van Vermillian Verf wat ’n boer en sy diere se lewe makliker maak, sodat produksie kan verhoog en vrektes drasties kan verlaag.
Onder die produkte is Water Dispelling Liquid, wat deur middel van nanotegnologie oppervlaktes, soos betonvloere, steriliseer en neutraliseer deur kieme en bakterieë dood te maak en vloeistof soos urine uit te hou. Dit is ideaal vir higiëne in kraamsale. ’n Lagie van Vermillian Verf se WDL verseël ook enige oppervlakte behoorlik, van sinkdakke tot houtbalke en selfs betonwaterkrippe. Alkyd Aluminium wat op dakke geverf word, help met die temperatuurregulering van dierebehuising, skure, pakhuise en woonhuise. Toetse toon dat Alkyd Aluminium die temperatuur binne ’n gebou op ’n snikhete somersdag met tot 10°C kan laat daal en in die winter weer die koue kan uithou.
Ondertussen word die Verust op Langspruit Landgoed behoorlik getoets. Na elke hoendersiklus spuit Early Bird die hokke met hulle hoëdrukspuite skoon. Frans sê die staal is nou al ’n paar keer skoongespuit en die Verust sit nog net so stewig soos die dag toe dit opgeverf is. Verust is die enigste produk van sy soort wat die soutspuittoets met vlieënde vaandels geslaag het.
“Dit werk so goed vir ons dat ons nou alles wat staal is en wat aan die elemente
blootgestel is, met Verust wil behandel.” Die groot siwwe in die graanhanteringsaanleg is besig om hulle beurt te kry en die beeskrale is ook op
die lysie.
Kry ’n volledige lys van Vermillian se boervriendelike produkte by www.vermillianpaint.com of skakel Johan Vermeulen by 078-782-5034 vir verfoplossings op die plaas. Of stuur ‘n boodskap na 071-940-7500.