Besige-boere-reken-op-GC-Tillage-se-tapkarre
’n Onverbiddelike reël geld vir die uitgebreide Truter Boerdery tussen Delmas en Ogies op die Hoëveld: Elke masjien moet sy plek vol staan en presteer anders is hy nie welkom op die plaas nie.
Dit geld ook vir tapkarre, want in dié boerdery moet elke tapkar elke jaar 10 000 ton mielies aanry, en dan is daar nog die koringoes wat wag…
Dis hoekom die boerdery nie tyd en geld mors met substandaard tapkarre nie – hulle gebruik GC Tillage se stoere, stewige Jan-tapkarre van sterk staal.
Christie Truter, wat die boerdery saam met sy broer, hulle twee seuns en hulle pa behartig, verkies Jan-tapkarre omdat hulle eenvoudig en baie prakties gebou is. Daar is geen tierlantyntjies nie – hulle doen hulle werk en bied die boer
waarde vir geld.
Diens is vir Christie van die uiterste belang en daarmee loop GC Tillage se mense los voor. As jy hulle nodig het reageer hulle onmiddellik en hulle rus nie voordat die probleem opgelos is nie. Jy kan hulle produkte met vertroue koop.
Die Brasiliane wat die Janreeks vervaardig kom ook dikwels plaas toe om te kom kyk hoe hulle produkte hier werk. Dit help hulle om selfs nog beter produkte te vervaardig. So het hulle die ratkasprobleme wat die ouer modelle gehad het
uitgestryk. Hulle luister na die boer, sê Christie. Die Truters is ewe ingenome met hulle Jan-presisiekunsmisstrooiers met poli-etileentenks, wat hulle vir vooraf toediening van stikstof gebruik.
As jy ook sonder sukkel wil boer met GC Tillage se wye reeks werktuie vir die wenboer, praat met Lane Reynolds by 082-652-2501 of Maré Potgieter by 082-959-0044, e-pos lanereynolds@gctillage co.za of besoek www.gctillage.co.za. GC Tillage se produkte word ook deur Afgri en Senwes versprei.