Categories: NewsPublished On: 29th November 2011

Belnori wen van bê tot mê

By 1 min read

Norman en Rina Belcher van Belnori by Bapsfontein aan die Oos-Rand is bekend vir hulle heerlike bokmelkkaas. So ‘n tydjie gelede het hulle besluit om ook ‘n paar skape te kry en hulle hand aan skaapmelkkaas te waag.

Die kaas is pas tot hulle groot verbasing by die Wêreldkaaskampioenskap, wat deur die Britte georganiseer word, met medaljes vereer.

Rina vertel dat hulle drie kase ingeskryf het, sommer vir die uitdaging en omdat niemand van Suid-Afrika dit doen nie. Sy sê hulle het ook maar net genoeg melk gehad om ‘n paar kase te maak. Die kase wat hulle ingeskryf het is ‘n semi-harde kaas wat hulle Serengeti noem, ‘n roomkaas met die naam Savanna en om die karakter van die melk beter te leer ken het hulle ook ‘n Camembert bekend as Sonata, gemaak en ingestuur.

Die resultaat:
Serengeti:  Brons Medalje
Savanna: Silwer Medalje
Sonata: Goue Medalje

Rina sê hulle is verbaas en trots en hoop net nie mense wil nou skaapmelkkaas by hulle begin bestel nie, want hulle het nie meer melk nie. Gelukkig gaan twee van hulle ooitjies darem een van die dae lam…

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0