Bekende-narkotiseur-en-plaaswerker-sterf-in-twee-trekkerongelukke
In twee afsonderlike voorvalle in die Suid-Kaap het ‘n bekende dokter van Knysna en ‘n plaaswerker van ‘n plaas buite George gesterf.
Dr Emile Welgemoed (41), ’n narkotiseur by ’n private hospitaal op Knysna, wass Saterdagmiddag op sy plaas, Groenkop, in ‘n ongeluk betrokke terwyl hy geploeg het. Na berigte was hy besig om ‘n wal te ploeg toe die trekker gerol het en op hom beland het. Plaaswerkers en sy vrou, Heidi het probeer om die trekker van hom af te trek, maar kon nie betyds daarin slaag nie.
Dr Welgemoed kon die plaas net elke tweede naweek besoek omdat hy die ander naweke aan diens was. Hy het die plaas sowat drie jaar gelede gekoop en volgens sy vrou was die plaas sy lewe.
Dr Welgemoed word ook oorleef deur twee kinders, ’n seun (9) en ’n dogter (7), sy ouers wat in Kaapstad woon asook twee broers en ’n suster.
Die voorval op George het Sondag omstreeks 13:45 gebeur. Daar word vermoed dat twee plaaswerkers, wat op ‘n trekker gery het, per ongeluk van ‘n brug afgery en toe in ‘n vlei beland het. Een van die werkers het verdrink.
Bron – Die Burger