Bek- en klou-maatreëls verslap
Gedroogte vleis en rypgemaakte karkasse mag nou oor die bek- en klouseer-grens in Kwazulu/Natal vervoer word. Die departement van Landbou, Bosbou en Vissery het die maatreëls vir die beweging van vleis verslap, na intensiewe ondersoeke in die gebied wat deur die siekte geraak is.
Die departement sê in ‘n verklaring dat hulle ondersoeke oor die laaste agt weke geen aktiewe voorkoms van bek- en klouseer of die verspreiding van die virus getoon het nie. Die risiko dat die siekte deur vleisprodukte versprei kan word, is dus minimaal.
Lewende diere mag egter nog nie uit die gebied oos van die R66 en noord van die Umfolozi-rivier geneem word nie.