Bek-en-klou-knou-die-wolbedryf
Die Cape Wools-wolveiling wat vandag (2 Maart) sou plaasvind, is voorlopig uitgestel totdat meer inligting oor die bek-en-klou-uitbraak in Kwa-Zulu Natal beskikbaar is.
Mnr Paul Lynch, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Wol- en Bokhaarkopersvereniging het gesê die besluit is in oorleg met die wolmakelaars geneem.
“Ons het besluit om die veiling uit te stel sodat die kopers ook die geleentheid het om die saak eers met hulle kliënte te bespreek voordat verdere besluite geneem kan word” het mnr Lynch gesê.
Die siekte is tans beperk tot ’n klein gebied in die noorde van Kwa-Zulu Natal en dus baie ver van enige wolproduksiegebied af.
Hy het gesê dit is ’n groot slag vir die bedryf, veral in die lig van die onlangse styging in die prys van wol en kan rampspoedige gevolge vir kleeinveeboere en die hele wolbedryf inhou.