Categories: NewsPublished On: 1st March 2011

Bek en klou in Natal

By 1 min read
191 words
Die uitbreking van bek- en klouseer in die bufferstrook tussen Mosambiek en Suid-Afrika raak nie in hierdie stadium enige kommersiële beeskuddes nie. Daar is nogtans ‘n verbod geplaas op die uitvoer van enige gesplete-hoef diere en hulle vleis.
 
Tina Joemat-Petterson, die minister van landbou het aangekondig dat 50% van die sowat 600 beeste wat in die bufferstrook getoets is, positiewe tekens van die siekte getoon het. Die voorkoms van die siekte is dadelik gerapporteer aan die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid, wat beteken dat Suid-Afrika se status as bek- en klouseer-vrye land tydelik opgeskort is.
 
Alle binnelandse vervoer van diere oor die buffersone se grense is ook onmiddellik verbied. Die minister sê dit is belangrik dat die verspeiding van die siekte na kommersiële kuddes verder suid in die provinsie gekeer word. 
 
Die Rooivleisprodusente-organisasie sê hy steun die stappe wat deur die regering geneem is. Die uitvoerende hoof van die RPO, mnr Gerhard Schutte sê die land is ‘n netto invoerder van rooivleis, maar die opskorting op die uitvoer van vleis kan ‘n ernstige uitwerking op die bedryf hê.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0