Categories: NewsPublished On: 26th October 2010

Behandel-self-jou-saad-met-GC-Tillage-se-MTS-120-Spray-System

By 3 min read
523 words

’n Belangrike hulpmiddel vir die akkerbouer is saadbehandeling. GC Tillage help die boer om sy saad
presies volgens sy eie behoeftes te behandel met hulle vernuftige MTS 120 Spray System, wat sowel vloeistof as poeier op enige soort saad kan toedien.

PR Smit van die plaas, Kromdraai, naby Val op die Hoëveld, het vir hom so ’n saadbehandelingsmasjien aangeskaf en hy is baie tevrede daarmee.

Voorheen het hy ’n klein betonmengertjie vir die taak gebruik, maar dit was nie regtig suksesvol nie, vertel PR. Veral toedienings met ’n oliebasis het nie mooi gewerk nie.

Die MTS 120 Spray System beloof om al hierdie probleme te bowe te kom vir regtig professionele, doeltreffende saadbehandeling.

Poeier of vloeistof, water- of oliebasis, hierdie gedugte MTS 120 Spray System-saadbehandelingsmasjien waarop Maré Potgieter van GC Tillage so trots is en waarmee PR Smit van Kromdraai so tevrede is, werk flink, vinnig, deeglik en doeltreffend.

Die masjien is ’n selfstandige eenheid wat met ’n 120V-motor aangedryf word. ’n Groot voordeel wat dit bied is dat die operateur nie met die middels wat toegedien word in aanraking kom nie. Die middel word bloot in die vloeistoftenk of poeierkas besorg, en daarvandaan gebeur alles binne-in die masjien sonder walms of wolke wat skade kan aanrig.

’n Draaiskyf onder die toevoerbak versprei die saad deeglik sodat daar geen kans vir verstoppings is nie. Vloeistof word net onder die draaiskyf toegedien en ’n awegaar doen die mengwerk. Poeier word verderaan in die awegaartonnel toegedien.

Toediening is akkuraat en maklik kalibreerbaar volgens die besondere behoefte, en saad word ordentlik en egalig met die poeier of vloeistof bedek om doeltreffendheid te verseker.

Die stelsel is nie net veilig vir die operateur nie, maar ook vir die saad, aangesien die awegaar wat die mengwerk doen met rubber bedek is om te verseker dat die saad deurgaans sagkens, maar ferm, behandel word.

’n Mens kry ook saadbehandelings-toerusting wat jy op planters kan aanbring, vertel PR, maar as so ’n masjien verstop, plant jy maklik ’n paar rye onbehandelde saad voordat jy dit agterkom. Die MTS 120 Spray System skakel hierdie aaklige moontlikheid volkome uit – jy kan voor planttyd seker wees dat elke pit wat jy plant volmaak behandel is.

Die masjien is boonop so vinnig soos blits – hy behandel 6 ton saad per uur. Afgesien van plaagbeheermiddels, kan jy ook saad met hormone of spoorelemente behandel. Jy kan selfs mieliepitte as lokaas met gif behandel om die ontploffende springhaasrotprobleem te beheer.

Die saadbehandelingsmasjiene is in verskeie outomatiese en handbeheerde modelle beskikbaar. Daar is ook een
spesiaal vir die Jan-tapkarreeks ontwikkel sodat enige boer sy Jan-tapkar nog nuttiger kan maak deur Grazmec-saadbehandelingsawegaar te monteer.

GC Tillage verstaan die boer se situasie en sy ondervinding is dat GC Tillage werklik werkbare oplossings vir die boer se behoeftes bied, sê PR.

Vir meer inligting oor GC Tillage en hulle wye reeks werktuie, wat die gedugte Jan-tapkarre/-grootmaatkunsmishanteerders insluit, praat met Lane Reynolds by 082-652-2501 of Anton
Botes by 082-959-0044. Skakel GC Tillage by 033-346-2251 (Pietermaritzburg) of 017-702-3028 (Val) of besoek www.gctillage.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0