Categories: NewsPublished On: 29th August 2011

Bande:Trelleborg-trap-vas-in-nat-lande

By 3 min read
Trelleborg-bande stel Piet van Rensburg in staat om tapkarre uit sopnat lande te sleep en koring op dieselfde lande te plant.
Reen is ’n seen waaroor ’n boer nie kla nie, maar as oorvloed ’n vloed raak kan dit boerdery moeilik maak. Dit is die ervaring van Piet van Rensburg van Mooitoekoms naby Bultfontein. Party van die mielies op sy lande staan nou nog kniediep in die water en op ander plekke is sy lande steeds sopnat
van die reen.
 
Die grond is op versadigingspunt en daar is net nie meer plek vir nog water nie. As ’n mens ’n paar keer op een plek in die land spring, staan jy eerlang in ’n modderpappery.
 
Stuur nou ’n stroper, trekkers en tapkarre op sulke lande om jou welverdiende oes in te samel en dit raak ’n fyn kuns om kop bo water te hou.
 
Rochelle van Rensburg en Jaco Strauss by Rochelle se pa se stroper met Trelleborg-bande met sy breë spoor.
Piet het betyds rusperbande voor aan sy stroper gemonteer, maar die stroper se stuurbande, wat grootliks die gewig van die graantenk dra, die trekkerbande en die tapkarbande kan nie alles met rusperbande vervang word nie.
 
Almal weet dat ’n voertuig makliker oor sand of sagte grond beweeg as jy die banddruk verlaag. Maar ’n stroper is ’n gewigtige ding wat boonop ’n allemintige vrag mielies in sy graantenk dra.
 
Gelukkig kom Trelleborg, die wereldwye bandespesialiste, tot die redding met hulle gevorderde TM2000-bande wat spesiaal vir stropers ontwikkel is.
 
Kyk net wat doen TM2000-bande vir die boer:
  • Groot vragdravermoe selfs teen ’n lae banddruk. Die TM2000 se groot voetspoor stel hom in staat om veel meer te dra as ’n gewone band met dieselfde banddruk.
  • Uitstekende vastrap te danke aan sy buigsame straallaagkarkas en dieptrapbalke.
  • Maksimum weerstand teen stampe en lekplekke te danke aan die hoe gehalte materiaal waarvan die bande gemaak word.
  • Optimale sywaartse stabiliteit, selfs op moeilike en baie ongelyke terrein, vergemaklik stuur en beheer.
  • Lae vibrasievlakke en hoe gerief in alle werkstoestande maak ’n dag agter die stroperstuur veel minder uitputtend.
Die TM2000 is ’n spesiale, binnebandlose landbouband. Dit is in verskillende groottes vir verskillende toepassings beskikbaar.
 
Aan die trekkers wat Piet se 18-ton tapkarre uitsleep, werk Trelleborg ook veel beter as gewone bande. Op hierdie sopperige lande laai Piet nou wel nie die tapkarre boordensvol nie, maar Trelleborgbande hanteer ’n veel swaarder vrag as gewone bande sonder om weg te sak en vas te steek.
 
Piet het ook pas in die sopnat lande koring geplant met ’n trekker met Trelleborg-bande. Voordat hy Trelleborgbande aan die trekker gesit het, het dit maar sukkel-sukkel gegaan, maar Trelleborg se uitmuntende flottasievermoe laat ’n swaar trekker ligvoets oor die land draf.
 
“Trelleborg het breer, beter bande,” verklaar Piet onomwonde “en hulle diens is baie goed. Hulle mense is hulpvaardig en kundig en hulle verstaan my behoeftes as boer. Hulle kom self plaas toe, lewer die bande wat ek bestel af en gee my raad oor hoe om in alle werksomstandighede die beste diens uit bande te put.”
 
As jy ook bande wil he wat jou boerdery ’n beter vastrap in alle omstandighede gee, praat met Hennie Hattingh by 082-374-1660 of 011-865-3110 of hennie.hattingh@trelleborg.com. Besoek ook www.trelleborg.com vir inligting oor bande vir alle toepassings.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0