Bale-uitry:-Rolo-Baby-Spider-doen-reuse-werk
Die lastige, tydsame taak van bale uit die land ry, word bekostigbare kinderspeletjies as jy die ratse Rolo Baby Spider-baaluitryer gebruik.
Net een trekker en een operateur ry nou so 250 tot 300 ronde bale per dag uit die land.
Die Baby Spider werk só
Wanneer jy op die pad ry, loop hy ewe gedwee reg agter die trekker, maar op die land swaai jy hom hidroulies uit tot langs die trekker waar jy hom mooi kan sien en beheer.
Sodra jy by die kopkant van ’n baal kom, laat sak jy hom op die trekker se driepunthyser en met die wiele se hidrouliese silinders tot byna op die grond sodat sy raam onder die baal verbybeweeg. Sodra jy die raam lig, lê die baal stewig daarop sodat jy die volgende van ses ronde bale van 1,2 of 1,5 meter kan oplaai.
Daarna swaai hy weer agter die trekker in om selfs deur die nouste hek te pas vir die aanryery. Die aflaaiproses is ewe maklik – net die omgekeerde van die oplaaislag.
Rolo se bekostigbare en veelsydige konsentraat- en vertikale voermengers is reeds baie gewild en boere gaan ewe lief vir die Rolo Baby Spider wees. Dié wat hom reeds het, is maklik uit te ken aan hulle breë glimlagte.
Kom kyk van 15 tot 17 September by Megaweek hoe lekker die Rolo Baby Spider werk en besigtig ook hulle hele reeks konsentraat- en voermengers, bel Stefanie in die Vrystaat by 082-964-6879, Marni by 082-350-8051 of Alwyn in die Wes-Kaap by 082-797-2249 of e-pos rolo@isat.co.za vir meer inligting. Besoek ook www.rolovoermengers.mobi