Baie nuwe produkte by Pannar
Pannar se jaarlikse Gewasextravanganza het goed weggespring by Delmas waar boere uit die oostelike, sentrale en noordelike streke meer inligting kon kry oor ‘n verskeidenheid nuwe produkte. Mnr Peet van der Walt van Pannar het in sy verwelkoming aan die boere gesê dat hulle besluit het om van die heel nuutste kultivars ook bekend te stel, sodat boere kan sien wat voorlê.
Die Extravaganza het hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aangetrek om dit vir boere makliker te maak om meer inligting te kry oor die produkte waarin hulle belangstel. Op die tradisionele sleepwa-roete is geelmielies, witmielies, soja en die nuwe Pannar Agronomiese Navorsingsprogram bespreek. Wandelroetes neem boere dan deur ‘n mieliedoolhof om by praatjies oor koring, graansorghum, sonneblom, sojabone, droë bone, weidingsgewasse en oesbeskerming uit te kom.
Pannar laat boere nie net kyk nie, maar ook proe!
‘n Ware doolhofroete neem boere na kennis.
‘n Groep boere sit aandagtig en luister na nuwe verwikkelinge met betrekking tot weidingsgewasse.
Daar is vanjaar ‘n klompie groot pryse in die spel vir boere wat by die Extravaganza saadbestellings plaas.
Besoek die Extravaganzas op die volgende dae:
Delmas: 16 Februarie
Klerksdorp: 22 & 23 Februarie
Biesiesvlei: 7 Maart
Kroonstad: 14 Maart
Meer besonderhede is beskikbaar op www.pannar.co.za