Categories: NewsPublished On: 7th November 2011

AVCASA-gee-kompendium-vir-die-beheer-van-plantsiektes-uit

By 1 min read
270 words
Die CropLife Suid-Afrika het verlede week die eerste van ‘n reeks kompendiums vir die plantbeskermingsbedryf bekendgestel. Die reeks word deur die  Vereniging vir Veterinêre- en Gewas-verenigings (AVCASA) uitgegee waarvan CropLife Suid-Afrika ‘n lid is.
 
Die kompendium op die beheer van swam-, virale en bakteriese siektes op plante is deur Kathy van Zyl saamgestel en is die eerste stap om inligting oor gewasbeskermingsmiddele op ‘n bekostigbare wyse aan boere en ander belanghebbendes beskikbaar te stel.
 
CropLife Suid-Afrika verteenwoordig die plantbeskermingsbedryf in Suid-Afrika en het toegang tot inligting oor feitlik alle gewasbeskermingsmiddele wat in die land geregistreer is. 
 
Tom Mabesa, die Uitvoerende Direkteur van AVCASA, het gesê dat die bedryf self die voortou moet neem om noodsaaklike inligting te versamel  en aan die rolspelers op ‘n sinvolle manier aan te bied. Die onderneming maak deel uit van AVCASA se verbintenis tot voedselveiligheid in Suid-Afrika, waarvan die beskerming van die omgewing ook ‘n belangrike deel uitmaak.
 
AVCASA sal binne-kort verdere kompendiums oor onder andere plantpeste, probleemplante en plantsiektes publiseer.
 
Opleiding
 
AVCASA het ook aangekondig dat hy sy eie opleidingsakademie van stapel gaan stuur. Dit is ‘n uitbreiding op sy bestaande opleidingskursusse oor plantbeskerming en dieregesondheid.
 
Inleidende, gevorderde en gespesialiseerde kursusse sal aangebied word. Dr Gerhard Verdoorn het gesê dat die akademie se kursusse baie bekostigbaar is en dat dit eersdaags SAQA-akreditasie sal ontvang.
 
Die opleiding sal nie net oop wees vir die personeel van AVCASA-lede nie, maar enigeen wat kundigheid wil bekom op die gebied van dieregesondheid of plantbeskerming kan dié opleiding ontvang.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0