Categories: NewsPublished On: 18th January 2012

Australiërs-takel-Antarktika-vir-kanker

By 1 min read

Twee Australiese advontuurlustiges het ‘n nuwe rekord opgestel vir ‘n reis deur Antartika sonder enige bystand. Die twee mans, James Castrission, ‘n 29-jarige boekhouer en Justin Jones, 28-jarige wetenskaplike het Woensdag geskiedenis gemaak deur meer as 1 800 kilometer sonder hulp deur die Antarktiese wildernes te reis. Hulle hoop om daardeur geld in te samel om jong kankerlyers te help.

Die vorige rekord vir so ‘n reis was in 2009 opgestel deur Cecilie Skog en Ryan Waters, wat 1 800 km kafgedraf het.

Die twee, wat poog om van die rand van Antarktika af tot by die Suidpool en terug te ski, het die Suidpool reeds op 31 Desember bereik. Hulle is nou al 80 dae lank op reis en het die vorige langste uittog se rekord oortref. Indien hulle die ekspedisie voltooi, sal hulle ‘n totaal van 2 220 km in een van die onherbergsaamste landskappe op aarde aflê. 

Beide mans het voor die uittog ongeveer 20 kilogram gewig opgetel in voorbereiding op die uitmergelende uittog. Hulle sleep 160 kg se toerusting saam en moet ook swaar sneeuval, winde van tot 70 km/h en temperature wat gemiddeld tot -25°C daal trotseer om die ekspedisie te voltooi.  

Volgens mnr Castrission is die tog ‘n fisiese en geestelike uitdaging, maar hy voel hoopvol nadat hulle die rekord verbreek het. Hulle het net onder 400 kilometer oor en behoort dit te voltooi voor die laaste vlug uit Antartika vir die seisoen.

 

Bron: SAPA

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0