Categories: NewsPublished On: 15th February 2011

Astral sê sy sê oor pluimveesake

By 2 min read
Nog stories
Country Fair se kiepe weeg reg

Astral Foods, een van die groot pluimveeprodusente het keel skoon gemaak oor sake wat krap in die pluimveebedryf.

Die “herwerkte” hoendersage
 
Vervaardigers van enige tipe produk ontvang van tyd tot tyd produkte terug as sogenaamde “returns” sê Chris Shutte, die hoof uitvoerende beampte van Astral. 
 
Dit gebeur ook dat gevriesde hoender terug gestuur word. Sulke hoender word in sommige gevalle ontdooi, weer met pekel ingespuit, weer verpak en weer te koop aangebied. 
 
Hy sê hierdie praktyk veronderstel nie dat die “herwerkte” produk nie geskik vir menslike gebruik is of ‘n gesondheidsgevaar inhou nie.
 
Meneer Schutte het dit beklemtoon dat Astral nie enige van sy hoenderprodukte ontdooi en “herwerk” nie.
 
“Produkte word op verskeie maniere aan ons terugbesorg. Afhangende van die aard en toestand word dit verskillend hanteer, maar altyd volgens streng gehaltemaatstawwe. Die meeste van die produkte wat ons terug ontvang word as troeteldierkos verwerk of vernietig”, sê meneer Schutte. 
 
Die waarheid oor pekelinspuiting
 
In die verlede is gevriesde hoender as droog en smaakloos beskou. Pekel-inspuiting en geurbevordering is tegnieke wat ontwikkel is om sagtheid, sappigheid en geur van die produkte te bevorder.
 
Hoër produksie en die mededingende aard van die bedryf het tot ‘n laer-koste produk aanleiding gegee wat op sy beurt veroorsaak het dat die pekelinspuitvlake in die gevriesde produkte met tussen 30% en 60% gewissel het. 
 
Astral gebruik tans dié metodes in sy Goldi- en Country Fair-produkte met ‘n vleis:pekel-verhouding van ongeveer 74:26. Hulle meen hulle gevriesde produkte bly ‘n aanloklike keuse wanneer dit op prys per kilogram-grondslag met vars hoender vergelyk word, selfs al word die pekel nie in berekening gebring nie.
 
Die nuwe Verbruikersbeskermingswet wat in Maart 2012 van krag word, sal vereis dat die vleis tot pekel-verhouding op die verpakking aangedui moet word.
 
Meneer Schutte sê aantygings dat die soutvlakke in die pekel ‘n gesondheidsgevaar inhou, is ongegrond. Die standaard wat deur die Hartstigting gestel word is 1,5g sout per 100g vleis. Astral gebruik 0,7g seesout per 100g vleis.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment