Categories: NewsPublished On: 14th July 2010

As jy nie tyd vir nonsens het nie…Sorg dat jy VJ se Angus veiling bywoon!

By 1 min read

As hoë prestasie sonder sukkel of nonsens jou mikpunt is, moet jy sorg dat jy op 12 September by Chris Purdon van VJ Angus se verkoping op Cathcart is.

Sedert sy ontstaan in 1982, oorleef en presteer VJ Angus se beeste in kommersiële toestande op die Oos-Kaapse hoogland – waar dit nege maande van die jaar winter is en drie maande hewige winter!

Uit hierdie geharde beeste is ’n kudde van 500 geregi­streerde koeie ontwikkel wat in strawwe toestande met ’n gemiddelde kalfinterval van 385 dae spog.

Dis geen wonder dat telers en beesboere van regoor die land elke jaar op die tweede Woensdag van September na VJ stroom om van hierdie gesogte genetika te bekom nie.

Vanjaar bied VJ Angus 70 bulle, waaronder 8 swart bulle en 20 driejaaroud bulle, en 75 vroulike diere aan.

Die beeste leef op die veld en word net die laaste drie maande voor die veiling gevoer.

Chris Purdon wys sterk daarop dat VJ Angus nie ’n universiteitsproefplaas of ’n voereksperiment is nie – dis ’n klassieke ekstensiewe beesboerdery.

Modes, grille en giere kom en gaan, maar elke bedryf of ras moet ’n praktiese, werkbare swaartepunt hê. Uiterstes en fratse lok publi­siteit, maar dis die bestendige swaartepunt wat die oorlog wen en die beesboer se oorlewing verseker.

Hierdie swaartepunt is beeste wat die vasbyt het om self te oorleef en te presteer.

Kom word deel van hierdie geen-nonsens-filosofie. Sorg dat jy om 11:30 op 12 September by VJ se Angus-veiling is.

Vir meer inligting, skakel Chris Purdon by 045-843-1727 of 082-879-2744.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment