Categories: NewsPublished On: 1st November 2011

Argentynse-vragmotorbestuurders-is-keelvol

By 1 min read
Die lewering van graan aan Argentinië se voorste hawens het Maandag tot stilstand gekom toe die Argentynse vragmotor-unie, FETRA, padblokkades en optogte gehou het om aan te dring op ‘n skerp styging in vervoertariewe.
 
Die staking vind op ‘n redelike stil tyd van die graan-uitvoerseisoen plaas. Die eerste koring word eers in Desember geoes. Argentinië is die wêreld se voorste uitvoerder van sojameel en soja-olie en die tweede grootste vir koring.
 
"Mens kan niks aflaai nie. Jy kan ook nie produkte tussen die pars-aanlegte beweeg nie," het ‘n beampte van een van die voorste graan-uitvoerders, wat graag anoniem wou bly, gesê.
 
FETRA eis ‘n toename van ongeveer 30% in die vervoertarief, wat neerkom op ‘n minimum tarief van ongeveer 27,5 Pesos ($ 6,55) per metrieke ton vir die kort-afstand vervoer van graan.
 
Die vakbond eis ook beter werksomstandighede soos badkamers en sekuriteit vir vragmotorbestuurders wat dikwels dae lank in lang rye moet wag om hulle graan af te laai tydens die besigste uitvoertyd van die seisoen.
 
Bron:  Dow Jones News
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment