Categories: NewsPublished On: 4th October 2010

Arch maak jou water veilig

By 1 min read
214 words

Water speel ’n sleutelrol in landbou; nie net vir besproeiing nie, maar ook vir diere en mense se drinkdoeleindes en vir skoonmaaktake.

Ongelukkig is alle water nie meer sonder meer suiwer en bruikbaar nie en daarom bied Arch Chemicals, wat al meer as tien jaar ’n wêreldleier in waterontsmetting is, skitterende plaaslik vervaardigde produkte om water skoon en veilig vir menslike gebruik te maak.Dit geld vir drinkwater, rioolwater, afvalwater, water vir voedselverwerking, nywerheids­­-verkoelings water en swembadwater.

Benewens HTH® Scientific, bied Arch Chemicals ook die nuwe Frexus®-produkreeks. Dit is spesiaal ontwerp as ’n veilige en doeltreffende ontsmettingsmiddel in die landbou- en voedselbedryf en het ’n SABS 1835-goedkeuring vir regstreekse voedselkontak. Dit is ’n doeltreffende swam- en bakteriedoder vir drink- en besproeiingswaterontsmetting, was en ontsmetting van geoeste en verwerkte vrugte en groente en ontsmetting van eiers en karkasse. Dit beheer ook alge in suipkrippe.

Arch se wye reeks toediening- en beheertoestelle sorg dat die boer suiwer water met die minste moeite kry. Die gewilde Mini Reservoir Floater ontsmet drinkwater in tenks van 1 000 tot 30 000 liter. Die Inline Feeder en Chip Doser ontsmet boorgatwater en Pulsar Dosers dien chloor in
besmette water toe om dit veilig te maak vir gebruik deur mens en dier.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0