Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Aquamat-maak-water-meer-werd

By 3 min read

’n Ernstige probleem wat mnr Koos Pie­terse van Karoobult by Koedoeskop geteister het, was kalkwater wat sy gesaaides gruwelik benadeel het.

Hy boer met koring en soja onder spilpuntbesproeiing en sy boorgatwater was so kalkerig dat dit eintlik ’n kalk­neerslag op die blare gelaat het.

Natuurlik is dit uiters nadelig vir die plant omdat die kalk hom brand en versmoor, foto­sintese en dus groei belemmer en plantsiektes bevorder.

Verder het die kalk sy spilpunte se sproeiers so erg verstop dat hulle naderhand net sulke ou skewe sukkelstraaltjies gespuit het.

Jy moes knaend sproeiers skoonmaak of jy kon jou gewasse net so min doeltreffend besproei as wat jy jou lyf ordentlik skoon kan kry onder ’n losieshuis se verstopte ou prostaatstortjie.

Aquamat se Aquamaster het al hierdie probleme laat ver­dwyn. Die Aquamaster is ’n katalitiese waterverbeteraar wat in jou toevoerpyp geïnstalleer word om die uitwer­king van skadelike minerale en metale in water te fnuik.

Aquamaster:

  • Verhinder kalkaanpaksels en wegvreting
  • Los bestaande kalkaanpaksels op
  • Vermeerder water se gasagtige inhoud
  • Breek oortollige grondsoute op en loog dit weg
  • Verhoed alg-, swam- en meeldougroei
  • Vertraag ongewenste oksidasiereaksies
  • Bevorder voordelige reduksiereaksies
  • Hou kalkbindende deeltjies en roes- of wegvre­tingsdeeltjies in suspensie deur hulle negatief te laai.

Sommer in die eerste seisoen het die Aqamaster homself oor en oor betaal. Die kalk­neerslae wat op die sproeiers was het weggeraak en nie weer verskyn nie.

Daar is ook geen kalklaag meer op die plante nie en dit het ’n opbrengsverbetering van meer as ’n ton soja per hektaar meegebring. Teen ’n prys van R4 220 per ton beteken dit ’n inkomstetoename van R126 600 op ’n spilpuntsirkel van 30 hektaar.

’n Aquamaster vir daardie volume water kos so R25 000 en gebruik soveel elektrisiteit as ’n 100 W-gloeilamp, sodat daar ’n aardige bedraggie oorbly wat die boer in sy sak kan steek.

Maar dit is nie al nie: Waar ’n kalklaag voorheen die grondoppervlakte verseël het sodat besproeiingswater in dammetjies loop lê en in die son verdamp het, is die dreinering en waterbenutting nou merkbaar beter.

Ook die grondtekstuur verbeter algaande na die installering van Aquamaster. Waar jy voorheen gesukkel het om kluite stukkend te gooi, verbrokkel hulle nou maklik.

Na twee jaar is daar nou veel minder kluite in die land: jy kan nou met dieselfde trekker en werktuig een rat hoër werk en so ’n groot klomp diesel bespaar.

Aquamaster maak dit moontlik om vooruit te boer met water wat daarsonder onbruikbaar sou wees. Plante en diere presteer beter met Aquamaster-water.

Dit geld nie net vir Koos Pieterse se koring en soja nie, maar ook vir tabakboere by Thabazimbi wat groter oeste en beter graderings behaal; vir uitvoerdruiweboere wat hulle opbrengs met tussen 75 en 94% verhoog het (voor Aquamaster wou van die plante nie kalium inneem nie); vir tamatie- en uieboere wat topgehalte produkte met ’n langer raklewe produseer en hulle oeste met tot 200% verbeter; vir groente- en tonnelboere wat aansienlike opbrengsverbeterings behaal; vir aartappelboere wat tot 60 ton per hektaar oes; vir olyf-, sitrus-, mielie-, katoen-, paprika- en ander boere.

Aquamaster is beskikbaar in ’n verskeidenheid groottes vanaf huishoudelike modelle tot bulperde vir besproeiing, nedersettings en dorpe.

Dit is baie maklik om jou Aquamaster te installeer en een keer per jaar te versien – en Aquamat se vriendelike, kundige mense is immer ge­reed om die boer te help, ook met hulle ander produkte soos waterversagters, waterfiltreer­ders, kristalont­kalkers en drukpompe.

Vir meer inligting, praat met een van Aquamat se tegniese personeel. Skakel  011-472-1311 of besoek www.aquamat.co.za.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0