Categories: NewsPublished On: 10th May 2011

Amarok en Sarel gaan hulle slag wys

By 1 min read
Die enkelkajuit-weergawe van die Volkswagen Amarok sal vir die eerste keer op vanjaar se Nampo-oesdag te siene wees. Met amper 2 500 dubbelkakuit Amaroks wat sedert 2010 verkoop is, word baie van die enkelkajuit-weergawe verwag. Die bakkie sal vroeg in Julie te koop aangebied word.
 
“Ons is oorweldig met die positiewe reaksie van ons klante oor die dubbelkajuit vir die afelope ses maande”, sê Jaco Steenekamp, bestuurder van Volkswagen se kommersiële-voertuie. “Die aanbieding van die enkelkajuit stoot die Amarok in die mees mededingende segment van die ligte kommersiële voertuigmark in, waar handelsmerklojaliteit baie werd is wanneer aankoopbesluite geneem word”, sê hy.
 
Soos vantevore sal besoekers wat die Volkwagen kommersiële-voertuie-uitstalling (standplaas 144 op Nampo) aandoen, die geleentheid kry om vir legendariese Supervan te ontmoet. Sarel van der Merwe, as die ambassadeur van die Amarok, sal gelukkige besoekers saam met hom neem op die hindernisbaan sodat hulle ‘n voorsmakie kan kry van die Amarok se rowwe-tereinvermoë.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment