AllFresh! staan bankvas agter ‘n gesonder planeet en mensdom
AllFresh! 2012 beloof om die tradisie van ‘n uitmuntende konferensie en ekspo voort te sit wanneer dit vanjaar op 1 en 2 Oktober by die WNNR in Pretoria gehou word.
Die klem van vanjaar se AllFresh!-konferensie val op maniere om vrugte en groente te bemark in so ‘n mate dat dit volhoubare groei in die varsproduktemark skep. Die mark sal breedvoerig bespreek word en die rol van deelnemers sal uiteengesit word sodat ‘n winsgewende toekoms tot die voordeel van almal bewerkstellig kan word.
Met behulp van die voorste tegnologie beloof die konferensie om interaktief te wees waar alle vrae wat deelnemers mag hê, beantwoord sal word. AllFresh! beoog om meer klem te lê op die sosiale aspekte van die konferensie wat lei tot waardevolle interaksie tussen almal betrokke.
Die AllFresh! 2012 uitstallerskatalogus, met al die uitstallers se besonderhede, sal by die ekspo beskikbaar wees.
Die varsprodukte-bedryf word aangemoedig om in die AllFresh!-gids te adverteer. Hierdie gids word aanlyn gepubliseer en gedruk as ‘n A5 boekie waarvan 30 000 as insetsels in bedryfstydskrifte versprei word. Dit bied aan adverteerders die geleentheid om blootstelling te kry en verskaf aan konferensiegangers meer inligting oor wie almal betrokke is.
Vir meer inligting aangaande AllFresh!-konferensie en ekspo, kontak Carien Taute by carien@buzztzn.co.za of besoek die webwerf by www.allfresh.co.za