Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 29th August 2022

Algar stel bekend: Klein, kragtige en kompakte voermenger

By 2 min read
381 words

DSC_0349

Aitsa! Dit is mos net die ding wat ek en my diere nodig het, het boere gesê toe hulle Algar se nuwe JAY-LORvoermenger by die onlangse KragDagekspo gesien het. Algar het vanjaar vir die tweede keer aan KragDag deelgeneem en hulle JAY-LOR-voermenger het uitgestaan tussen al die vernuftige werktuie wat daar te sien was.

Die JAY-LOR-voermenger is presies wat stoetboere, voerkrale of enige ander veeboer nodig het. “Hierdie selfaangedrewe voermenger is ideaal vir sowel groot- as kleinskaalse boere wat kleiner intensiewe rantsoene vir spesialiteitsgroepe soos stoet- en voerkraaldiere, sowel as speenkalwers en lammers moet meng,” vertel Jonathan Toxopeus, verkoopsverteenwoordiger van Algar.

Die menger word aangedryf deur ‘n Honda-petrolenjin wat elektries of met die hand aangesit word. Die poliëtileendrom het ‘n staalversterkte vloer en die raam en onderstel is versink om dit teen roes en verwering te beskerm.

Jonathan voeg by: “Nog ‘n voordeel wat hierdie menger bied, is die nuldraaibeweegbaarheid en sy vermoë om in klein voerruimtes te werk en te beweeg. Dit stel die boer in staat om ruimte doeltreffend te benut en ratser te werk, wat beter winsgewendheid tot gevolg kan hê.”

Die eenheid kan tussen 500 kg en 1 000 kg meng, afhangende van die materiaal wat gemeng word. As gevolg van die vierkantige vorm van die mengers in die drom meng die minimengereenheid teen ‘n goeie spoed terwyl die vereiste veselstruktuur behoue bly. Dit verhoed ook lekkerbekkige diere om net die smaakliker deeltjies van die voer uit te kies.

Die menger het ՚n maklike en eenvoudige uitlaat, wat met die hand gereguleer, oop en toe gemaak kan word.

Algar se nuwe JAY-LOR-voermenger wat by vanjaar se KragDag gepronk het. Wie hom sien wil hom hê.

‘n Belangrike voordeel van hierdie selfaangedrewe voermenger is die feit dat die boer nie ‘n bykomende trekker vir die werk benodig nie. Geen ekstra masjinerie hoef van hulle normale werk onttrek te word en van ander dele van die plaas verkry te word nie. Al die ander werk gaan voort soos gewoonlik.

Veeboerdery is pure plesier met Algar se doeltreffende, duursame veehanteringstoerusting en ander produkte. Algar glo die boer moenie sukkel nie, maar lekker en vinnig op sy plaas kan werk.

Vir meer inligting oor die JAYLOR selfaangedrewe voermenger, kontak vir Jonathan by (+27)82-324-6256 of stuur ՚n e-pos na algar@algar.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

2 Comments

  1. Anton Verwey 12th September 2022 at 11:04 - Reply

    Stuur asb meer fotos en prys asb

    • Benine Ackermann 22nd September 2022 at 13:56 - Reply

      Hi – Vir meer inligting oor die JAYLOR selfaangedrewe voermenger, kontak vir Jonathan by (+27)82-324-6256 of stuur ՚n e-pos na algar@algar.co.za.

Leave A Comment

0