Ai tog die Ingels
Die boer vra die winkelklerk waar die flitsselle is.
“I’ll see,” sê die klerk en verdwyn tussen die rakke.
Nadat die boer 15 minute vergeefs gewag het, kom ‘n ander klerk verby. “Waar is die flitsselle?” vra die boer.
“I’ll see,” antwoord die klerk, glip tussen die rakke in en bly weg.
Uiteindelik storm die boer na die bestuurder se kantoor. “Jou personeel se diens is uiters swak,” sê hy. “Al wat ek wil weet, is waar die flitsselle is.”
“Aisle C,” antwoord die bestuurder.