Categories: NewsPublished On: 11th November 2011

Agri SA verwelkom Motlanthe se standpunt oor grondhervorming

By 1 min read
250 words
Adjunk-president Kgalema Motlanthe is van mening dat dit nie nodig is om die grondwet te verander om grondhervorming doelwitte te bereik nie omdat die bestaande wetgewing net reg aangewend moet word.  
 
Agri SA bestempel sy uitsprake as ‘n vars bries in ‘n omgewing waar kommersiële landbou swaar gebuk gaan onder onsekerheid, dreigemente van onteiening en swak administrasie. 
 
Mnr Motlanthe het ook gesê dat indien grond in openbare belang verkry moet word, moet redelike vergoeding daarvoor betaal word en dat die proses onder die gesag van die hof moet staan.
 
Volgens Agri SA word die hoogste druk van onafgehandelde grondeise in Kwazulu Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes  ervaar, en het die onbeholpenheid waarmee die grondeiseproses bestuur word, reeds rampspoedige gevolge vir die landbou ingehou.
 
Dit is Agri SA het dit benadruk dat dit nie die vrywillige-verkoper-benadering óf die Grondwet is wat in die pad van suksesvolle grondhervorming staan nie, maar onbevoegdheid, korrupsie en wanbestuur in die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.
 
Die ANC se Polokwane-resolusies van 2007 het onder andere vereis dat die vrywillige-verkoper-benadering geskrap word omdat dit kwansuis grondhervorming in die wiele ry.  
 
‘n Strategie met prosedures om die Groenskrif oor Grondhervorming meer toereikend te maak is vandeesweek deur Agri SA se affiliasies bespreek. Dele daarvan word tans in die ses groenskrif werksgroepe bespreek, maar Agri SA soek ook ‘n geleentheid om dit in meer besonderhede met die regerende party te bespreek.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0