Categories: NewsPublished On: 11th October 2011

Agri-SA-verwag-warm-kongres

By 1 min read
181 words
Agri SA se kongres wat eersdaags plaasvind se tema is ‘Politieke en Ekonomiese Dimensies van Verandering’.
 
Die organisasie het in sy elektroniese nuusbrief gesê dat die kongresprogram meer ruimte vir insette en toeligting laat as in die onlangse verlede en dat daar meer voorsiening gemaak word vir die debattering van onderwerpe en insette.
 
Die OFM-webblad rapporteer dat dr Theo de Jager, Adjunk President van Agri SA, gesê het die kongres gaan ‘n waterskeidings-invloed op landbou in Suid-Afrika hê. 
 
Sowat 25 000 van die land se kommersiële boere word na bewering verteenwoordig. 
 
Dr de Jager het gesê veral die besprekingspunt oor landbou se plek in die Nasionale groeiplan in terme van werkskepping, opheffing van armoede en die ontwikkeling van landelike gebiede, gaan hewige debat uitlok.
 
Me Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye,  dr Mulder Adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye asook mnr Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het aangedui dat hulle die kongres sal bywoon.
 
Die kongres vind op 13 en 14 Oktober in Muldersdrift plaas.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0