Categories: NuusPublished On: 4th May 2018

Agri SA loods Watersentrum

By 2 min read

Agri SA logo Kleur NUWE

Agri SA het sy toegewyde Watersentrum vandag geloods wat gaan fokus op die prioriteit om regverdige toegang tot water vir Suid-Afrikaanse boere te verseker. Hierdie inisiatief is in reaksie op die verskeidenheid uitdagings wat landbou-watergebruikers in die gesig staar, wat uiterste droogte, klimaatsverandering en water-infrastruktuur wat nie behoorlik in stand gehou is nie, insluit.

Die situasie is soveel meer dringend gegewe verskeie beleidsvoorstelle wat gelyktydig die koste van water kan verhoog terwyl die beskikbaarheid verlaag word.

Die Agri SA Watersentrum sal ondermeer op waterbeleid en wetgewende voorstelle soos die Nasionale Water en Sanitasie Meesterplan en die Nasionale Water Hulpbronstrategie fokus. Die huidige wysigings aan die Nasionale Waterwet sal byvoorbeeld die koste van water vir landbougebruikers bepaal, wat wys hoekom dit nodig is om met die regering en ander belanghebbendes van die begin af te skakel om  na ‘n regverdige resultaat te werk. Die Agri SA Watersentrum sal ook insette tot die Water Navorsingskommissie (WRC) op navorsingprioriteite lewer en sal as forum optree vir top waterkundiges om hulle insigte in ‘n betekenisvolle manier te deel.

Die Agri SA Watersentrum sal gelei word deur Janse Rabie, ‘n omgewingsprokureur en hoof van Agri SA se Natuurlike Hulpbronne Sentrum van Uitnemendheid en Gregory Smith, ‘n waterwetenskaplike.

“Die Agri SA Watersentrum gaan ‘n eenstop-sentrum vir Agri SA lede wees, waar hulle tydige inligting en raad op alles waterverwant kan kry,” het Janse Rabie gesê. “Gegewe die kompleksiteit van water-regte en die snelveranderende beleidsomgewing, glo ons dat ‘n toegewyde Watersentrum die beste manier is om landbou-watergebruikers op hoogte te hou van alle regsontwikkelinge wat ‘n impak kan hê op die manier wat hulle boer en besigheid doen.”

“Agri SA is op die voorpunt van wetgewende en beleidsontwikkeling rakende die watersektor in Suid Afrika. Agri SA poog om die regering en sleutelspelers in hierdie fundamentele area in samewerking en goeie navorsingsinsigte te ondersteun,” het Dan Kriek, President van Agri SA gesê.

Agri SA nooi sy lede en ander belangstellende groepe om kontak met die Agri SA Watersentrum te maak om uit te vind hoe hulle betrokke kan raak.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0