Agri-Afrika-bied-voorste-tegnologie:-Plant-vir-wins-met-die-Great-Plains-Yield-Pro-2425-planter
As jy vir prestasie en wins wil plant, het Agri Afrika die antwoord: Die Great Plains 60’ Bulk Yield-Pro-planter. Hierdie knewel plant 18 meter wyd, maar vou op tot ’n beskeie 4,521 meter vir vervoer.
Sy teleskopiese disselboom hou hom naby jou in die land, maar trek uit sodat jy knapper kan krink in die wenakkers.
’n Groot voordeel is sy tamaai massa-saadhouers wat 5 800 liter hou sodat jy van horison tot horison kan plant tussen aanvullings. Sy kunsmistenk hou 3 800 liter.
![]() |
Manjoh Ranch se nuwe Great Plains YP-2425-planter is gereed om die bulte buite Nigel van horison tot horison perfek vol mielies te plant – en om met die vindingryke Twin-Row-tegnologie ’n welkome verhoogde opbrengs te behaal. |
Die YP-2425 spog met die mees akkurate saaduitmeters wat jy kan kry en sy Clear-Shot®-saadbuise plaas elke pit perfek in die plantvoor. Jy kan kies watter soort skoonmakers, oopmakers en drukwiele jy wil hê.
Die YP-2425 kan rywydtes van 380 mm (15"), 508 mm (20"), 762 mm (30") of 915 mm (36") plant, maar ’n opwindende nuwe opsie is die TR 762- (30")-opsie, waar twee ry-eenhede skuins agter mekaar gemonteer word om saad 203 mm (8") van mekaar af verspringend te plant sodat dit as een ry gestroop kan word.
Die voordeel van TR-tegnologie is dat jy die plantestand kan opskruif, maar steeds sterk, gesonde plante kan hê omdat daar genoeg plek is vir elkeen se wortels om te ontwikkel. Jy kan nog steeds jou standaard spuit en stroper gebruik en boere wat reeds dié tegnologie gebruik is ingenome met die verbetering in sowel graan- as kuilvoeropbrengste.
Vir meer inligting oor die Great Plains YP-2425-planter en die ander produkte en puik diens wat Agri Afrika bied, praat met Marius Tolmay by 083-581-5709 of 086-111-3692 of e-pos info@agriafrika.co.za. Besoek ook www.agriafrika.co.za.