Agbiz se voorsitter oorlede

Schalk pienaar, voorsitter Agbiz
‘n Leier in die landboubedryf, Schalk Pienaar, is op Sondag 6 Mei 2018 oorlede. Hy was die voorsitter van Agbiz.
“Schalk is sedert 2010 voorsitter van Agbiz. Hy het die rol met leierskap vervul. Hy gaan gemis word, nie net deur Agbiz en sy lede nie, maar deur die hele landboubedryf vir sy bydrae in die landbou,” sȇ dr John Purchase, besturende direkteur van Agbiz.
Hy voeg by dat Agbiz sy innige meegevoel uitspreek met sy vrou en familie. Geen begrafnisreёlings is nog bekend gemaak nie.
Bron: Agbiz