Categories: NewsPublished On: 3rd February 2012

Afrikaans-in-gedrang

By 1 min read

Die jongste weergawe van die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale bedreig Afrikaans se status as amptelike taal in nasionale staatsdepartemente.  

Volgens die nuwe wet moet staatsdepartemente en nasionale liggame sake doen in drie amptelike tale. Twee hiervan moet inheemse, voorafbenadeelde tale wees, terwyl die derde keuse tussen Afrikaans en Engels moet geskied.

Dit sluit alle kommunikasie met die publiek in, sowel as amptelike kennisgewings, staatspublikasies en kommunikasie in en tussen verskillende staatsdepartemente.

Selfs in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap, waar Afrikaans die meerderheidstaal is, kan teen Afrikaans besluit word indien ’n departement Engels as derde taal kies.

Volgens die Stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans (SBA) is die wetsontwerp baie vaag en doen dit niks vir die bevordering van veeltaligheid en die gelykwaardige behandeling van al die amptelike tale nie.

Die wetsontwerp is nog nie gefinaliseer nie. Dit word deur die parlementêre portefeuljekomitee oor Kuns en Kultuur gedebatteer.  Die komitee sal weer op 15 Februarie vergader.

 

Bron: Beeld

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0