Categories: NewsPublished On: 12th July 2010

Afrigro bied topgehalte groentesaad

By 3 min read

AFRAfrigro-bied-topgehalte-groentesaad/p>

TUINBEET
Dit raak nou tyd om rooi beet aan te plant. AFRIGRO bied die produsent ’n ideale, topgehalte beetkultivar vir elke bemarkingslot.

Boro F1-hibriede: Hierdie kultivar is uitsluitlik ’n somerbeet wat vanaf September tot einde Januarie geplant word. Dit is geskik vir die bossie- sowel as die voorafverpakkingsmark. Die donker, bloedrooi kleur wys geen ringe nie en die sterk, regop groeiende blare wat goeie verdraagsaamheid teen Cercospora-blaarvlek toon, maak dit ’n plesier om daarmee te boer. Dit lewer groot, ronde bolle wat ’n fyn tekstuur en gladde oppervlakte het. Die bolle is baie eenvormig en is uitstekend om los in plastieksakkies te bemark.

Rhonda F1: Vanweë hierdie beet se aanpasbaarheid kan dit suksesvol aangeplant word in gebiede waar saadskiet dalk ’n probleem is. Rhonda F1 vaar baie goed in droë en koue toestande. Hierdie kultivar het uitstekende eenvormigheid, ’n ronde gladde vorm en sterk blare en blaarhegting. Dit lewer lang, regop blare vir die bossiemark en kan ook vooraf verpak word.

Pablo F1: Bababeet raak al hoe gewilder in Suid-Afrika en die uitvoermark vra toene­mend hier­na. Pablo F1 het ’n fyn interne struktuur wat dit uiters geskik maak om as jongbeet gaar te maak. Dit het ’n baie donker kleur, toon geen wit ringe nie en berg baie goed.

GEELWORTELS
Geelwortels is ’n gesonde stapelvoedsel en verleen kleur aan enige dis. AFRIGRO se reeks Nantes-wortels het baie goeie Alternaria-verdraagsaamheid. Dit het reeds op ’n vroeë stadium ’n pragtige kleur en smaak voortreflik. Die twee variëteite wat tans bemark word, is Nagadir en Nectar. Albei het ’n klein kern, ’n rooi binnekleur en oranje skouers en lewer ’n hoë opbrengs.

Nagadir F1 is ’n vinnige groeier; is baie soet (Brix-waarde van 12) en het goeie Alternaria-verdraagsaamheid. Saai vanaf Februarie tot Junie. Die wortels is lank, silindries en afgepunt met ’n sterk lof en klein aanheg­ting. Nagadir lewer ’n baie hoë opbrengs en is ideaal vir voorafverpakking.

Nectar F1: Dié kultivar toon ’n baie hoë verdraagsaamheid teen Alternaria en Cercospora, en lewer baie hoë opbrengste. Dis baie eenvormig, silindries en afgepunt. Nectar kan regdeur die jaar in koeler gebiede geplant word en bied redelik weerstand teen saadskiet. Die kultivar kan redelik lank op die land gelaat word.

KOPKOOL
Kopkool is so sinoniem aan die Suid-Afrikaanse dieet soos braaivleis en mieliepap. As stapelvoedsel en primêre groentebron is groot, ronde, blougroen koolkoppe ’n vereiste. AFRIGRO bied die produsent twee getoets­te kultivars vir aanplanting gedurende die somer en laatsomer/winter.

Green Sunrise
F1: Dié kopkool is ideaal vir vroeg- en middelsomer-aanplan­tings. Dit lewer effe afgeplatte, ronde koppe met donker, blougroen gekleurde buiteblare wat in nat toestande baie goed dreineer. Die koppe kan lank op die land staan en ’n massa van tussen 4 en 6 kg bereik. Green Sunrise-kopkool toon redelike goeie weerstand teen swart­vrot en kan in die vroeë tot middelsomer geplant word.

Megaton F1 het reeds in Suidelike Afrika bekendheid verwerf vir sy kop­grootte. Hierdie kultivar het die vermoë om aan te hou groei sonder om te bars, en kopgroottes van 14 tot 15 kg is al aangeteken waar die kool oor ’n lang tydperk geoes is. Megaton se uiters kompakte koppe met wit binneblare maak dit ideaal vir die maak van suurkool en slaai. Hierdie kool word in die laatsomer en selfs wintermaande geoes.

KLEIN KAROO Saad: Bemar­king, wat deel is van die KLEIN KAROO Groep in Oudtshoorn, versprei ’n wye reeks eksklusiewe en hoë gehalte groente- en weidingsaad onder die AFRIGRO- en K2AGRI-handelsmerke. Saad van hierdie variëteite is teen uiters mededin­­gen­de pryse beskikbaar by u naaste AFRIGRO-verskaffer of -verteenwoordi­ger. Skakel  Oudtshoorn 044-272-8223 of 072-641-4686. E-pos:  info@seedmarketing.co.za

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment