Categories: NuusPublished On: 7th March 2025

Africa Agri Tech 2025: Verander tegnologie in wins

By 4 min read
726 words

AAT

Vir dié wat praktiese voorbeelde bo teorie verkies, eenvoudige taal bo tegniese terminologie en werkbare oplossings bo abstrakte konsepte, bied die Africa Agri Tech (AAT) Konferensie en Ekspo die ideale geleentheid om jou besigheid toekomsgereed te maak.

AAT, wat van 18-20 Maart 2025 by die WNNR-konfensiesentrum in Pretoria plaasvind, bring internasionaal bekroonde sprekers bymekaar wat hul strategieë sal deel om die regte tegnologie te kies en toe te pas om tasbare uitkomste te bereik.

“Ons is pragmaties in ons tegnologie-beleggings, en kies slegs dit wat werklik waarde bied,” verduidelik Martin Jansen, Hoof van Inligtingstegnologie by ZZ2, en Besturende Direkteur van ThinkNinjas, wat een van die sprekers op Dag 2 van AAT is.

Op Dag 2 fokus AAT op Gewas AgTech en bied baanbrekende insigte oor hoe tegnologie gewasvolhoubaarheid kan verbeter, produktiwiteit kan verhoog en innovasie kan aandryf. “Boere wat nog onseker is oor hoe kunsmatige intelligensie, afstandwaarneming en digitale transformasie hul boerdery kan bevoordeel, sal duidelike antwoorde kry van bedryfsleiers wat daarin spesialiseer om hierdie konsepte prakties en toeganklik te maak,” sê Anlie Hattingh, AAT se woordvoerder.

ZZ2, een van Suid-Afrika se grootste boerderybesighede, het tegnologie suksesvol geïmplementeer op elke vlak van produksie, van grondgesondheidsmonitering tot presisiebesproeiing. “Deur slim tegnologie op kreatiewe maniere te integreer, het ons koste besnoei, doeltreffendheid verbeter en ons boerderybedrywighede meer volhoubaar gemaak. En dit is nie oplossings net vir groot plase nie; hulle is skaalbaar en geskik vir almal,” verduidelik Jansen.

AgTech in boeretaal

Boere is dikwels huiwerig om nuwe tegnologie aan te wend, omdat dit te kompleks of duur lyk. Soos Pieter Geldenhuys, Direkteur van die Instituut vir Tegnologiestrategie en Innovasie, egter in sy sessie Anderkant die Algoritme: Die Grens van KI, Afstandwaarneming en

Aarde-intelligensie sal verduidelik, is die ware krag van KI nie tot datasentrums beperk nie. “Dit floreer in die grond onder ‘n boer se voete, in die spektrum van lig wat onsigbaar is vir menslike oë, in die stille monitering van vee wat wei. Vandag se slim boere vervang nie intuïsie met outomatisering nie – hulle versterk generasies van landbouwysheid met presisiegereedskap wat die taal van die grond praat.”

Vir boere wat hul besighede toekomsgereed wil maak, sal Mushambi Mutuma, ‘n toonaangewende tegnologiestrateeg en skrywer, die onderwerp, Herkodeer Jou Besigheid Vir Groei, ondersoek. Hy sal bespreek hoe die toekoms van landbou nie net oor tegnologie gaan nie, maar oor leiers wat dit kan inspan vir werklike impak.

Disinformasie en skeptisisme rondom landboutegnologie kan ‘n groot struikelblok vir vooruitgang wees. Alan Hardacre, ‘n strategiese leier in globale voorspraak, sal hierdie kwessie aanpak in sy sessie, Saai Waarheid in ‘n Digitale Storm: Tegnofobie en KI-gedrewe

Disinformasie In Landbou. “In vandag se digitale landskap versprei mites oor tegnologie maklik, wat tot vrees en weerstand kan lei. Boere en verbruikers moet toegerus wees met die kennis en gereedskap om feite van fiksie te onderskei, sodat voedselprodusente toegang het tot innovasies wat werklik voedselsekerheid bevoordeel,” sê Hardacre.

Innovasie in aksie

Nie alle innovasie vind in hoëtegnologie-laboratoriums plaas nie. GG Alcock, ‘n entrepreneur en vakkundige van die informele ekonomie, sal Kasinomics: Die Informele Sektor Wat Toekomstige Groei Dryf, bekendstel. Sy aanbieding sal aantoon hoe kleinskaalse, informele landboumarkte nie net ‘n arm man se tydverdryf is nie, maar ‘n multibiljoen rand bedryf verteenwoordig. Boere wat hierdie marksegment verstaan en daarby kan aanpas, sal toegang verkry tot ‘n nuwe en winsgewende kliëntebasis wat deur baie ander boere oorgesien word.

’n Hoogtepunt op Dag 2 se program is Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage Assosiasie en stigter van Beyerskloof. In sy sessie, Rebellie: Van Rebel Tot Leeu, deel Truter hoe veerkragtigheid, egtheid en innovasie hom gehelp het om ‘n sukkelende wingerd in ‘n wêreldbekende wynhandelsmerk te omskep, en hoe boere hierdie strategieë vir hul eie sukses kan implementeer.

“AAT is ‘n kans vir boere om praktiese kennis op te doen van kundiges in die bedryf wat die realiteite van moderne boerdery verstaan. Of jy nou ‘n kleinskaalse produsent of ‘n groot kommersiële boer is, die insigte wat by hierdie geleentheid gedeel word, kan jou help om produktiwiteit te verbeter, winsgewendheid te verhoog en ‘n volhoubare toekoms vir jou boerdery te verseker,” sê Hattingh.

Moenie hierdie geleentheid misloop om met landbouleiers te netwerk, vooruitgang in aksie te sien, en die gereedskap te kry wat jy nodig het om jou besigheid vir dekades volhoubaar te maak nie.

Bespreek nou jou sitplek: www.africaagritech.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0